Die Latynse woord "Compassio" word deernis in Afrikaans, of compassion in Engels.
Dit dui op die gevoel wat 'n persoon het wanneer hy/sy identifiseer met die lyding van 'n ander persoon - selfs hartseer ervaar as gevolg daarvan, en 'n sagtheid openbaar jeens die persoon. Dit is wat ons mens maak.
Maar dit is ook belangrik dat ons na onsself met deernis sal kyk, met sagte oe - want ons ervaar ook lyding op ons lewenspaaie. Ons moet leer om meer verdraagsaam met onsself te wees.
Dit maak nie saak wat ander van ons dink nie - wat ons weet is belangriker. Be nice!
Wanneer laas het jy met deernis na jouself gekyk? Neem 'n selfie - en kyk!
No comments:
Post a Comment