Monday 30 July 2018

Dom Moedswillig


Vra SlapSarel vir my of dom en moedswillig dieselfde is?  Hy vra altyd moeilike vrae wat jy op sewe maniere kan antwoord.
Hy reken hy het nog altyd gedink dit is, maar vermoed nou hy is verkeerd – dis nou nadat hy met sy seun gesels het…
So die vraag is; is dom = moedswillig?
Dom kan heel moontlik na IK verwys, wat heel moontlik kan verbeter as ‘n person aan sekere goed blootgestel word en hy/sy meer leer!  Meer leer beteken dat jou brein ingespan moet word om nuwe kennis en/of vaardighede te verwerf.  Daarom is dit moontlik om dom te wees en oor tyd minder dom te word, of slimmer as jy dit so sou verkies.
Dit is egter ook moontlik dat ‘n person baie geleerd kan wees – maar besonders dom optree.  Soms omdat hy/sy moedswillig is!
Moedswillig is meer ‘n houding – ‘n attitude.  Moedswillig is soos om teen goeie kennis en insig in ‘n bepaalde teenproduktiewe manier op te tree, net omdat dit jou pas – met ander woorde ‘n negatiewe selfsug dryf gedrag.  Of dom gedrag!
“Competence” of bevoegdheid bestaan (Johan sê so) uit kennis (knowledge), vaardighede (skills) en ervaring (experience) – en baie belangrik ….. houding (attitude)!
Daarom kan jy baie slim en vaardig en ervare wees, met ‘n baie swak (crap) houding; of jy kan enige verhouding van slim/dom, vaardig/onvaardig en ervare/onervare wees, met ‘n goeie houding.  Goed = positief betekende "can do", "never say die", tegemoedkomend, leergierig, ensovoorts …. julle verstaan mos.
Daarom kry jy baie bevoegde mense wat sukkel omdat hulle swak houdings het, en baie mense wat onbevoeg geag word as gevolg van ‘n gebrek aan formele kwalifikasies – wat uitstekend doen.
Wat jou aanvaarbaar maak is nie hoe slim jy is nie, maar eerder wat jou houding is – teenoor jouself en ander.
Dom en moedswillig is definitief nie dieselfde nie – maar eerder hoe jy met jou domgeit in jou slimgeit omgaan!
So sê ek – Johan