Sunday 2 September 2018

Bid vir ons

Moeksie is haastig, moet gou by SPAR inhardloop voor kerk, die kinders kom oor vanmiddag - veral die kleinkind ...
Die kassier vra of sy oppad kerk toe is.
Ja, antwoord Moeksie.
Bid  vir ons, vra sy. You must pray.
Kerk toe, dis doop vandag, en die doopoupa verjaar ook nog.
Ons koek en tee en gesels - huistoe, die kinders is oppad.
Ons braai en kuier en die kinders vertrek.
Wat bybly is die vrou wat vra dat ons moet bid.
Sy is reg, ons moet bid.
"You must pray".
Ons maak so. Dankie.