Thursday 23 July 2020

'n COVID Psalm

As ek 'n Psalm sou skryf.
Soos Dawid.
Sou my Psalm ook 'n nommer kry - en in die Groot Boek opgeneem word?
Sou my Psalm borrel van vreugde en lesers opbeur?
Of sou my Psalm hartseer wees? Vir God en mens vertel van my seer, van my eie moegheid, van my afgestompte opgekropte gevoelens, my behoeftes - van my vrese?
Sou die woorde van my Psalm die seer in mense se oë kon beskryf, eens trotse mense nou platgeslaan?
Wat van my woede wanneer mense (met werk) kla - terwyl daar genoeg is. 
Sou my Psalm iets kon sê oor selfgeregtigde mense, entitled mislike mense - wat ander  niks gun nie? Mense wat soos witgepleisterde grafte die Christelike waardes van liefde, versorging, gasvryheid, mededeelsaamheid verlê het. Kerk mense.
Sal my pen die prentjie kan skilder van die jong man wat werk soek by my hek, die help asseblief op plakkate, die CVs op facebook. Sou ek kon raakskryf van die straatverkoper, die besemverkoper - die man by my hek wat vir hulp vra, hy het sy werk verloor. Hy bly net straatop. In ons middelklasbuurt.
Sou ek ook soos Dawid op God kom skree - hoe lank nog. 
Here. Hoor U my dan nie. Ons nie. Waarom antwoord U ons nie - of hoor ons maar net nie?
Waar is die wysheid waarvoor ons bid, wat ons soek, Here, in hierdie moeilike en deurmekaar tyd. Wysheid, soos Salomo s'n. En kalmte.
Hoeveel keer sal ek "hoekom" sê? Vra?
As ek 'n Psalm kon skryf, sou ek God daar vind?
Sou dit begin as 'n klaaglied en eindig in 'n jubellied?
As ek 'n Psalm sou skryf, sou God ook daar wees?
'n Psalm.

Monday 18 May 2020

Healthy Habits to Live By


Habit 1:  Live in the present moment.  We need to be present for the miracles of life. “Every morning we are born again.  What we do today is what matters most.” (Buddha)
Habit 2:  Simplify life.  Outer de-cluttering.  Keep material possessions to a minimum and only hold what you really need.  A simplified life is more enjoyable and less complicated. Own only what you need.
Habit 3:  Inner de-cluttering.  Take care of others. Make room for others and dump selfish habits.
Habit 4:  Meditate. “The earthly obscures the heavenly.  Human voices drown out the voice of God.  Only in solitude can you begin to sift away the chaff and come at last to the golden grains of truth.  Silence will speak more to you in a day than the world of voices can teach you in a lifetime.  Find solitude – and having discovered her riches, bind her to your heart.” (Frances J. Roberts)
Habit 5:  Follow the wise. Look around, there are always insightful people to learn from, especially older people.  Develop a passion for learning.
Habit 6:  Listen mindfully and without judgment.  Take in everything that someone is saying without evaluating it. This leads to mutual respect, understanding and a chance for progress in conversation.
Habit 7:  Accept that change is a law of the universe. Let things flow naturally forward in whatever way they like (lao Tzu). The moment is all that exists.
Habit 8:  Focus on one thing.  Whatever is happening in your present moment, give it your full attention.  You will experience more peace and calmness as a result.  Don’t confuse activity (or multi-tasking) with productivity.  Give it everything you've got.
Habit 9:  Let go of what you can't control.  Letting go gives you freedom, which is important for happiness.
Habit 10:  Strive to keep balance.  Living in the extremes of life challenges balance.
Habit 11:  Have a sense of purpose.  “He who has a why to live for can endure almost any how.” (Nietzsche) Purpose give you the “why”.
Habit 12: Pray for wisdom.  Wisdom is the power to see the truth without having to fit it into any mold.  Wisdom- Knowing that there is always more than what we see and know in this moment.
You can unlearn habits and learn new habits!  If you want to.
(Some sources – Come Away my Beloved, Frances J. Roberts; Hackspirit.com; ideapod.com; Chabad.org)


Wednesday 29 April 2020

Oom Johny en die KWV Kwota


1975, Desember. Ek is 'n laaitie in Standerd 5 - Kalkrand Laerskool, 29 kinders groot.
Ons boer Botswana se kant toe, net anderkant Hoachanans. Rooi Kalahari duine plaas, met Karakoel skaap en Boerbokke.
Dinge kners - die pelspryse is nie wat dit moet wees nie, die reën ook nie.  Vakansie hou was 'n vreemde konsep - in effek, ek het eers gehoor jy gaan weg tydens skoolvakansies toe ek klaar was met skool.
Hierdie jaar is dit egter anders - Oom Coenraad van die buurplaas het ons genooi om saam met hulle Swakop toe te gaan, visvang, vroeg in Desember. Ons bly in die Munisipale A-raam huisies.  Opsigself was dit 'n vreemde ervaring, 5 uur in die oggende op om iewers heen te ry en vis te vang, dan laat namiddag terug om die vis skoon te maak en dan te vries vir die lang pad terug. Ek vermoed dis waar ek my knou gekry het, ek hou vandag nog nie van viswerk nie - o ja, en toe kry ek nog "arc eyes" van die son op die see. Nie geweet dis hoe 'n mens vakansie hou nie.
Die pad terug was lank, 400 km Windhoek toe, 200 km Kalkrand toe, dan oos, verby Hoachanas, laai af by Oom Coeraad, en dan die laaste paar myl plaas toe. In 'n Series 3 Land Rover.
Ek dink nie ek was al ooit in my lewe so bly om die laaste duin se kruin oor te steek nie, dan regs op die tweespoorpad wat al langs die duin, rooi rooi kronkel, tot by die opstal. Die ou opstal wat my pa besig was om reg te maak, groot stoep en dak oor die sitkamer - eintlik was dit 'n buitepos waarvan my pa al die geboue aanmekaar gelas het met steen en sement, en 'n enorme dak reg bo-oor.
By die hek, voor die opstal, het 'n Kameeldoring en Witgatboom gestaan waaronder die ou Breakneck generator/sweismasjien op 'n sleepwa gestaan het - koelte. Wat ek wel baie goed kan onthou is dat die Perdebye besonders lief was vir die Witgatboom, en minder lief vir diegene wat daar geroer het.
Maar daar is fout - daar staan 'n vreemde motor en nog 'n kontrapsie op ons erf? Versigtig ry ons nader, en my pa doen navraag. Groot was sy verbasing toe hy sien dis Oom Johny - al die pad van Gordonsbaai af. Oom Johny en Tannie Maude, met hulle Valiant bakkie en karavaan. My eerste kennismaking met 'n karavaan, 'n vreemde kontrapsie waarbinne jy kan bly en dit agter jou motor aansleep.
(Foto geleen)
Ek is nie seker wat die konneksie tussen Oom Johny en my pa was nie, en of hy geweet het hulle kom kuier, is ek nie seker van nie. Hulle staan al 'n week daar, die Valiant bakkie onder die Witgatboom en die karavaan in die namiddag skaduwee, langsaan. Vir die ablusie behoeftes het hulle toegang 
deur een van die vensters op die stoep gekry, en so hulle gang gegaan - 5 dae al.

Ons pak af. My ma kyk my pa vreemd aan; waar slaap die mense - in die karavaan sê Oom Johnny. Ons kinders skarrel heen en weer om alles te dra en uit te pak.
Oom Johny roep my pa - hy het vir hom darem 'n bietjie wyn saamgebring, vir die verblyf, hy het mos 'n KWV kwota. Dis reg so, reken my pa. Die laaibak van die Valiant is soos die weduwee se kruik - boks na boks kom te voorskyn onder die seiltjie uit. Na 'n menigte bokse, wyer as wat ek kan lê en hoër as wat ek kan staan, keer my pa – “oom hoef nie al jou wyn vir my te gee nie.” Oom Johny kyk hom geskok aan, “nee man, moenie bekommer nie - ek het nog my eie ook, dis in die karavaan.”  Oom Johny en Tannie Maude is net na Kersfees daar weg, suid, Gordonsbaai toe.


Nuwejaar - my pa besluit om die boere rondom ons te nooi vir vieringe, ons het mos oom Johnny se KWV kwota, voldoende. Braai gaan ons braai, en wyn gaan daar gedrink word.  Die genooides daag op, wyn word oopgemaak en ek braai skaaptjops en wors - op hardekool kole met 'n toeklaprooster. Ma het die slaai aanmekaargeslaan, gaste het bykosse gebring, pap en sous word gemaak - die tafel kreun van doodgewone Kalahari gasvryheid. Die gees is goed.
My ma herwaardeer die gebruik van haar beste eetgerei - dit word verander na papierborde in gevlegde grasmandjies. 
Daar word geeët en gekuier, een van die ooms het sy kierrie verloor - die kwota wyn het sy pyn weggeneem. Ek kyk grootoog na die aapstreke van groot mense op wyn.

“Kom help opruim”, kommandeer ma, geen argument nie. Ek stop by oom Dieter, tel die papierbord op - net die rand van die bord is oor, die binnekant van die bord is saam met die vleis, pap en sous opge-eet!
Verbaas sê oom Dieter; "my herre Rinatjie, g'n wonder die vleis was so taai nie."
Die wyn het sy werk gedoen.  KWV verrig wonderwerke!
Vandag verstaan ek!
MooiLoop

(Nota: Vandag se fotos is geleen ter illustrasie)

Tuesday 28 April 2020

Listen with your Eyes.




We don't listen, we hear - and then we continue on our way, not understanding the fuss.
To listen is a gift, to not listen is to squander the opportunity of learning.
To sincerely listen to another, is the highest form of respect.  To listen with everything you have leads to understanding beyond the words said.




A little girl came home from school with a drawing she'd made in class.  She danced into the kitchen, where her mother was preparing dinner.
"Mom, guess what?" she squealed, waving the drawing.
Her mother never looked up.
"What?" she said, tending to the pots.
"Guess what?" the child repeated, waving the drawing.
"What?" the mother said, tending to the plates.
"Mom, you're not listening."
"Sweetie, yes I am."
"Mom", the child said, "you're not listening with your eyes."
(From Have a Little Faith. From a Sermon by the Reb, 1958. Mitch Albom.)



Thursday 16 April 2020

Dag 22: Konsolideer en Neem Beheer - 21 Dae van Leer


Daar is derduisende aanhalings oor hoe belangrik dit is om beheer van jou lewe te neem.  Om 'n “grip” te kry op jou lewe.  Om jouself reg te ruk. 

Dit is gewoonlik baie makliker gesê as gedoen.

Gewoonlik is daar ook baie min empatie wat saam met hierdie stellings gaan.

Maar dit is moontlik om beheer oor jou lewe te kry - jy hoef nie 'n drenkeling in die groot blou see te wees nie, jy hoef nie deur elke golf omgeslaan te word nie.

Hoe dan? Begin klein - gebruik prosesse soos hierdie om daardie goed wat jy kan beheer, en daarom kan verander, te identifiseer. Net eers dit. 

Dan besluit jy op wat is die belangrikste area waaroor jy beheer moet kry - bedink dit behoorlik en besluit dan op stappe (maak 'n plan).  Indien die area baie kompleks is en baie tyd en energie gaan verg, kies dan ook 'n area wat relatief maklik verander kan word - sodat jy ook sukses op die veranderingspad kan ervaar.  Dit is belangrik vir motivering.  



En dan pak jy die areas een vir een aan, skil dit af soos 'n ui. Trane gaan daar wees, maar uiteindelik is die resultaat goed.

Een ding op 'n slag, tree vir tree, herstel jouself - neem beheer van dit wat jy kan beheer, en laat die res by jou verbygaan. 

Kry hulp en aanvaar hulp.

En vier jou oorwinnings – dis belangrik.  Jy is dit aan jouself verskuldig.

Stuur my 'n epos @ brightideacoaching@gmail.com - jy is welkom! :-) 






Wednesday 15 April 2020

Dag 21: Neem 'n Selfie - 21 Dae van Leer

Die Latynse woord "Compassio" word deernis in Afrikaans, of compassion in Engels.

Dit dui op die gevoel wat 'n persoon het wanneer hy/sy identifiseer met die lyding van 'n ander persoon - selfs hartseer ervaar as gevolg daarvan,  en 'n sagtheid openbaar jeens die persoon.  Dit is wat ons mens maak.

Maar dit is ook belangrik dat ons na onsself met deernis sal kyk, met sagte oe - want ons ervaar ook lyding op ons lewenspaaie.  Ons moet leer om meer verdraagsaam met onsself te wees.

Dit maak nie saak wat ander van ons dink nie - wat ons weet is belangriker.  Be nice!

Wanneer laas het jy met deernis na jouself gekyk? Neem 'n selfie - en kyk!



Tuesday 14 April 2020

Dag 20: Konflik in jou Lewe? - 21 Dae van Leer.


Daar is verskeie “turn around” of waterskeiding oomblikke in mens se lewe – dit is gewoonlik geskoei op ‘n lewensveranderende besluit wat jy neem.  

Oomblikke soos daardie het gewoonlik verrykende gevolge – soos om ongevraagde gedrag te begin aanpas.

Konflik is gewoonlik as gevolg van teenstrydige verwagtinge, vereistes, gewoontes en waardes.  Konflik kan ontstaan as gevolg van een party wat nie die ander se standpunt kan of wil insien nie (hardkoppigheid en ego) – en ‘n negatiewe situasie ontstaan wat vriendskappe en verhoudinge totaal kan vernietig.

‘n Houdingsverandering kan besonders waardevol wees – soos ‘n goeie vriend my lank terug geleer het.  Hy het besonders goed gevaar in die wêreld van skopboks en vol kontak karate – hy hoef nie terug te staan vir enigiemand in terme van konflik nie.  

Maar tog was sy filosofie – “In matters of style, go with the flow.  In matters of principle, stand like a rock.” 

Moenie energie mors op konflik wat nie waarde tot jou lewe toevoeg nie – want dit maak nie saak nie.



Monday 13 April 2020

Dag 19: Is daar Enigiets om voor Dankbaar te Wees? 21 Dae van Leer.


Ons gebruik bruistablette vir verskeie redes - dit kan vir energie vroeg in die oggend of net voor jy gaan oefen wees; dit kan wees om sinusse wat pla aan te spreek; dit kan wees om jou imuunstelsel te versterk.  

Dankbaarheid is soos 'n bruistablet - wanneer jy dit sluk, begin jy borrel en bruis, eers stadig en dan al hoe meer.

Dis baie maklik om ontevrede te wees met wat jy het, wat jy is, waar jy is, jou omstandighede, jou inkomste - en natuurlik die huidige toestand van inperking.  As jy die vermoë het om hierdie "post" of "blog" te lees, het jy baie om voor dankbaar te wees.

Die oomblik as jy dankbaar is vir wat jy het, maak jy die pad na die nuwe dankbaarhede oop - dit werk dieselfde as met ontevredenheid; hoe meer ontevrede jy is met goed, hoe meer vind jy om oor ontevrede te wees.

Verander jou ingesteldheid!  Begin klein.






Dag 18: Ontwikkeling is die Essensie van Groei! - 21 Dae van Groei

Die persoon wat jy uiteindelik gaan word is die persoon wat jy kies om te wees.

Dit is baie waar dat omgewing en geleentheid 'n groot rol gespeel het (verlede tyd) in wie jy tans is, maar jy hoef nie daar te bly nie.  Jy kan kies om jou omgewing te verander (selfs al bly jy op dieselfde plek), en om geleenthede te kan benut, moet jy reeds in plek wees wanneer die geleentheid homself voordoen.

Die keuse is joune en joune alleen; ja, daar is baie goeie redes en verskonings oor hoekom jy nie kan nie - vind een rede waarom jy wel kan, en werk daarmee.  


Die beste rede is gewoonlik "omdat jy wil"!  

Groei is nooit maklik nie - want dit vereis dat jy uit jou gemaksones moet kom, dat jy goed moet doen wat jy self nog nie vantevore gedoen het het nie, dalk jy kan faal - wel, die enigste persoon wat faal is die persoon wat nie probeer nie.  

Punt.  Waarmee begin jy vandag?



Sunday 12 April 2020

Dag 17: Wat is die Ankers in jou Lewe? - 21 Dae van Leer


Alles in die lewe beweeg in siklusse. 

Elke periode van voorspoed, vrede, geluk, vryheid (en ander) word opgevolg deur ‘n teenoorgestelde periode van swaarkry, ongemak en woeling; dis hier waar jy ankers nodig het om nie oorweldig te word nie – waarvan geloof en waardes waaskynlik die grootste is.

Die tempo en duur van hierdie siklusse is onbekend – maar weet dat dit gebeur.

Die uitdaging is om nie gemaklik te word in enige van hierdie siklusse nie, want verandering gaan volg.  

Berei voor daarvoor.


             

               



Saturday 11 April 2020

Dag 16: Waar is jou Krag, Vandag? 21 Dae van Leer

Arnold Schwartzenegger (legendariese liggaamsbouer) vertel dat jou sterkpunte ontwikkel word deur die moeilike tye wat jy oorwin - doodeenvoudig omdat jy besluit het om nie op te gee nie!

Almal van ons het eienskappe waarvan ons nie bewus is nie - moeilike tye laat hulle na vore kom - werk met dit.








Friday 10 April 2020

The Lighthouse Principle


A lighthouse's purpose is to project light into the darkness and by doing so warn others of eminent danger; we all project a light of sort into this world.
  • The brightness of the light depends on the power source - fire vs electricity.  
  • The light we project depends on our power source; which is powered from within. Christ within = good light.
  • Each lighthouse has a unique "signal" to make it identifiable. Our signals will also identify us.
  • For the light to be effective it needs to be tough and durable to be able to withstand the onslaught of the elements. Faith in Jesus provides us with the ability to stay standing.
  • The foundation of the lighthouse in critical - to stay upright it must be built on rock.  Jesus is my rock.

The lighthouse principle provides me with purpose and focus.
What do you think?

Dag 15: Is jy Angstig Vandag? - 21 Dae van Groei.


Kazimierz Dabrowski was ‘n Poolse sielkundige wat in die 1950’s navorsing gedoen het oor hoe 2de Wêreld Oorlog oorlewenes trauma hanteer het.  

Hy het bevind dat ‘n groot persentasie van hulle geglo het dat die pynlike en traumatise ervarings hulle gelei het om meer verantwoordelike, beter en gelukkiger mense te wees. 

Hulle het van lui, ontevrede mense wat nie hulle families waardeer het nie, wat hulle opgehou het met nietige probleme en “entitlement” beweeg na mense met meer selfvertroue, wat meer dankbaar is vir wat hulle het, wat hulle families meer waardeer en wat hulle baie minder steur aan die nietighede van die lewe.

As gevolg van die geweldige trauma (krisis) het hulle deur die emosionele pyn gegroei, emosionele veerkragtigheid ontwikkel, nuwe betekenis in die lewe ontdek, en met meer deernis en nuwe betekenis in die lewe anderkant uitgekom.

As jy angstig is vandag as gevolg van die uitdagings wat ons in die gesig staar – weet dat angstigheid op vrees gebasseer is, en vrees aangespreek word deur dit te definieer. 

Neem tyd om so objektief moontlik jou vrese te identifiseer en te beskryf – en sodra jy hulle beter verstaan kan jy begin om verstellings aan jou planne te maak.  Begin dan die planne uitvoer – so goed jy kan. 

Jou sukses lê daarin dat jy nie gaan lê nie, maar iets doen om vorentoe te gaan.  Enigiets.  

Die enigste mislukking wat daar is, is om op te hou probeer.

Dinge is besig om te verander, en dit gaan weer verander iewers in die toekoms – dis hoe dit is!

Ons hoop is altyd in God – wat tot baie meer in staat is as wat ons dink.

Sterkte en MooiLoop!




Wednesday 8 April 2020

Dag 14: Skepsel, Skepper, Skepping - 21 Dae van Leer


Om oor die mens as skepsel (ek en myself), die Skepper en die skepping te wonder is soos om 'n boek van 'n 1000 bladsy oop te maak, maar die bladsye volg nie op mekaar nie.  

Die kompleksiteit van die lewe en die univers word uitgebeeld in woord en teks, maar voordat die storielyn kan klaarmaak is die einde weg - 'n nuwe gedagtelyn openbaar homself, oor mens en dier en die ewewig daarvan.

Dan begin 'n komposisie - musiek vir die ore van 'n skepsel, versigtig aanmekaar gesit deur die Skepper in die vorm van wind en donderslae; in voëlgesang en bok geblêr; in die sagte melodie van waterstrome en die druis van 'n waterval; die absolute stilte van 'n windverwaaide woestyn, met sononder; in die kleuretaal van 'n reënboog en purper sonsondergang; wat nooit dieselfde is nie.

En tog spandeer ons min tyd daaraan, ons sit nie buite en vergaap ons aan die volheid 'n maan nie, of die windgeverfde wolke in die lug nie - ons kyk eerder na fotos en videos van mooi en vergeleë plekke - of stories.  So leef ons deur die skerms van selfone en rekenaars en kameras - sonder om die skepping in en om ons te bewonder en te koester.
Dink daaroor!







Tuesday 7 April 2020

Dag 13: Al ooit gewonder jou Waardes? - 21 Dae van Leer



Waardes is daardie diepgesetelde oortuigings (beliefs) wat 'n dierekte invloed op jou besluite en gevolglike gedrag het.  

Waardes is soos die hoekstene en fondament van 'n gebou - indien dit gebrekkig is, is die gebou uiteindelik onveilig.





Monday 6 April 2020

Dag 12: Sit en Luister - 21 Dae van Groei


Daar is ‘n gesegde wat sê dat die belangrikste kwaliteit wat ‘n persoon kan hê is nie ‘n kop vol kennis nie, maar eerder ‘n hart vol van liefde, met ore gewillig en oop om te luister, en hande wat gewillig is om te help!

Om te luister is ‘n kuns wat aangeleer kan word, dis ‘n vaardigheid wat ingeskerp kan en dis ‘n ingesteldheid om te wil hoor wat gesê word.

Dis omdat ons nie luister nie, dat ons voel.





Sunday 5 April 2020

Dag 11: Vaardighede gee Geleenthede - 21 Dae van Leer

Die hedendaagse uitdaging is dat alles verander, vinniger as wat ons verwag.  

Ons kinders studeer vir werk wat nog nie eens bestaan nie.  Gebeurtenisse soos hierdie "lockdown" verander die landskap van werk dramaties. Skielik moet ons van die huis af werk.  Baie van ons is nie essensiele dienste nie, en mag nie werk nie.  Dit is alles die uitdagings wat ons moet hanteer. 

En dan is daar nog ons behoeftes en wense ook - het ons wat nodig is om dit te verwesenlik? Die regte vraag is; wat kan en gaan ons daaromtrent doen?