
Hy het bevind dat ‘n groot
persentasie van hulle geglo het dat die pynlike en traumatise ervarings hulle
gelei het om meer verantwoordelike, beter en gelukkiger mense te wees.
Hulle het van lui, ontevrede mense wat nie hulle families
waardeer het nie, wat hulle opgehou het met nietige probleme en “entitlement” beweeg
na mense met meer selfvertroue, wat meer dankbaar is vir wat hulle het, wat
hulle families meer waardeer en wat hulle baie minder steur aan die nietighede
van die lewe.
As gevolg van die geweldige trauma (krisis) het hulle deur
die emosionele pyn gegroei, emosionele veerkragtigheid ontwikkel, nuwe
betekenis in die lewe ontdek, en met meer deernis en nuwe betekenis in die lewe
anderkant uitgekom.
As jy angstig is vandag as gevolg van die uitdagings wat ons
in die gesig staar – weet dat angstigheid op vrees gebasseer is, en vrees
aangespreek word deur dit te definieer.

Jou sukses lê daarin dat jy nie gaan lê nie, maar iets doen
om vorentoe te gaan. Enigiets.
Dinge is besig om te verander, en dit gaan weer verander
iewers in die toekoms – dis hoe dit is!
Ons hoop is altyd in God – wat tot baie meer in staat is as
wat ons dink.
Sterkte en MooiLoop!
No comments:
Post a Comment