Wednesday 11 June 2014

'n Kiewiet se Moed!

Kiewiet-moed
Nico Loggenberg

 
Daar kom hy in die beestepaadjie aan,
hy stuit vir niks, hyt reeds sy weg gebaan.
Die middagson op sy blinkend goue vel,
hier tussen sy trop koeie is daar niks wat hom kwel.
 
n Volle elfhonderd kilogram weeg hy swaar,
as hy aankom, sy nek trots omhoog, gee pad jy maar.
Dis my stoet se nuwe Limousin-bul,
hier in sy kamp loop hy net waar hy wil.
 
Hier voor my o
ë is vandag iets vreesliks aan’t gebeur:
in die beestepaadjie staan
n kiewiet met haar kroos.
Eers lyk dit of die bul hom glad nie aan haar steur,
vlerkies wyd gesprei, kwetterend,
ter wille van haar kroos roep sy na God om haar te troos.
 
Kiewiet met jou kleine kuikens, vandag word julle die grond ingetrap.
Vir wat gaan staan jy nou in die paadjie waarop die beeste stap?
Sy deins nie
n tree, maar begin net harder skree!
Agter haar vlerkies skuil haar kroos, sy retireer nie
n enkele tree.
 
Die bul laat sak sy massiewe nek:
Kiewiet, hierdie is my plek!
Sy pik na die bul se neusring met haar kleine bekkie:
O nee, hierdie is ook ons ou plekkie.
Sien jy dan nie die engel van God hier langs die paadjie staan?
Ons het na God geroep en jy sal nou
om ons moet gaan.
 
Die bul retireer
n tree, stap n ompad om die kiewiet en haar kroos.
Waarlik, God het hul in hul benoudste uur getroos.
Die Kiewiet-ma laat sak haar vlerke,
Maar haar vreugde ken geen perke!
In haar deur God ingebou, is
n innerlike sterkte.
 
O Heer, dit het my meer gefassineer as manne- of leeuemoed.
Ag, Heer, as ek soms ontsteld is of ek verkeer in groot gevaar,
Gee my dan asseblief van die Kiewiet-ma se moed
en laat my vyand op die vlug slaan as hy met ontblote swaard,
Die engel wat God gestuur het, gewaar.
 
Soms voel ons boere terneurgedruk, ons moet mos alles sluk.
Die mielieprys vandag weer af, die dieselprys weer op.
My God, wanneer sal al di
e dinge dan stop?

Sal ons regtig die vrugte van ons arbeid eendag pluk?
 
Skep moed, skep moed, van die Kiewiet-ma se moed.
Sprei jou vlerke teen die sonde,
roep tot God, dan bly jy ongeskonde.
 
(Nico Loggenberg boer tussen Koppies en Parys, Noord-Vrystaat.)