Tuesday 29 July 2014

Minderwaardig of nie?

Daar is heeltemal te veel mense wat hulself as minderwaardig sien - so, hier is my siening van minderwaardigheid ........

Hierdie is die oggend van vrae ….
Rate jouself gou oor hoe jy oor jouself voel vandag – jouself, jou gesin, jou familie, jou finansies, jou werk, jou geloof?
Dink gou ‘n paar oomblikke oor hoe suksesvol jy is?  Onthou die punte en dan vra jy jouself watter boublokke het jy gebruik om jou sukses te meet; ‘n motor, werk, huis, geld in die bank, vakansies, status?
Hoe voel jy wanneer jy in ‘n geselskap is? Hoe voel jy wanneer jou familie in die omtrek is?  Hoe voel jy wanneer jy in ‘n winkelsentrum rondstap? Hoe voel jy wanneer jy vir ‘n werk aansoek doen of vir ‘n onderhoud gaan?
Is jy fyngevoelig?
As jy kon verander, wie sou jy wou wees?  Hoekom, wat het of is daardie persoon wat jy nie het of is nie?
Jou antwoorde op bogenoemde vrae sal vir jou ‘n baie goeie aanduiding gee oor jou dunk van jouself; sien jy jouself as suksesvol of nie of sien jy jouself as waardig of nie.

Sien, baie van ons probleme lê gewortel in die volgende dinge:
  • Hoe ons bepaal of ons suksesvol is of nie.
  • Of ons fondasie in die lewe reg is of nie?

Ek het slegte nuus vir julle; niemand van ons is suksesvol as ons definisie van sukses gewortel lê in wêreldse terme nie.  Kyk maar om jou rond; die manne en meisies met geld, hulle het hulle eie problem, want hulle maak nie meer op God staat nie, hulle is self sterk genoeg.  Saam met aardse sukses kom baie uitdagings, “greed” is ‘n vernietigende dryfveer.
Daar word nie verniet gesê dat ‘n man se grootste toets is waanneer hy alles het nie; en ‘n vrou se grootste toets is wanneer haar man alles verloor het nie.

Storietyd.  ‘n Kraak word ontdek op die 42ste verdieping van ‘n 50 verdieping gebou.  Die eienaar word ontbied en die ontbied onmiddelik die ingeneurs en die bouinspekteurs, ens.  Hy is briesend en wil onmiddelik ‘n antwoord op die problem hê.  Ongeduldig wag hy op die 42ste vloer.  Uiteindelik gaan soek hulle die ingeneur en vind hom in die kelder van die gebou.  Die eienaar is moeilik en sê dat die probleem op die 42ste vloer is, waarop die ingeneur antwoord dat as daar ‘n bars hoer op in die gebou is, dan is dit omdat die fondasie verkeerd is.  Om die gebou te red moet die fondasie herstel word.

Moeilikheid.  Reg, almal van ons het moeilikheid, sommige net meer as ander, en van baie weet ons nie eers nie.  Daar is mos die gesegde wat lui ”dat hoë bome val harder”.  Die Bybel erken dat dat ons moeilikheid het, sien
2 Kor 1:3-4.  Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!  Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandighede uitkoms gee.  In elke moeilikheid help Hy ons. 

My vraag is nou: “indien jou gebou krake het, hoe goed is jou fondasie”.  Voel julle ook of julle in ‘n hopelose situasie verkeer – soos Paulus gvoel het?

Vanoggend wil ek help om julle (en myne) fondasie te herstel, sodat ons almal kan excel in Jesus.  Wie is ons in Jesus:
  • Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis.
  • Gen 1:31 ….Hy het na die mens gekyk en gesê dit is goed.
  • Ps 8:4 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
  • Ps 8:5 U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
  • Jer 29:11 Want Ek weet watter gedagtes ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
  • Joh 1:29 (Johannes sê) ….Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
  • Joh 16:33  ….In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Wat staan jou te doen?  “Where your attention goes, your energy flows”

Kies waarop jy fokus.  Herprogrammeer jouself oor wie en wat jy in Jesus is.
  • Weet dat jy deur God geskep is en dat Hy jou liefhet.
  •  Deur Jesus is jy vrygespreek en is jy soos HY.  EK is reg met God deur Jesus.
  • Aanvaar dat jy foute het, maar niemand is ‘n mislukking omdat hy foute het nie.
  • Aanvaar dat jy graag mense wil gelukkig maak en dat hulle van jou moet hou – maar jou selfbeeld en waarde is nie afhanklik van wat hulle van jou dink nie.
  • Verstaan dat alhoewel mense jou kan verwerp, God jou nooit sal verwerp nie – jy is Sy kind.
  • Weet dat ongeag hoe baie jy val of misluk, God jou nooit sal verwerp nie.
  •  Besluit om van jouself te hou (liefhê) – jy hoef nie te hou van alles wat jy doen nie, maar jy gaan nie jouself verwerp nie.
  • Verstaan dat daar in Jesus oorwinning is – Hy is ons fondasie.
  • Glo dat jy tot enigiets instaat is deur Jesus.
Vra God, en Hy sal van jou gemors ‘n bediening maak – sodat jy ander kan help wat met dieselfde moeilikheid sit.  Onthou, jou hele lewe is ‘n ministry.
Verstaan dat baie suksesverhale is gebore uit een of ander terugslag, ongeluk, krisis of swaarkry. 
  • Charles Kettering het ‘n motor se “starter” ontwerp toe die “crank handle” sy arm gebreek het.
  • Jacob Schick was ‘n goudprospekteurder, wat die elektriese skeermes ontwerp het omdat dit te koud geword het om te skeer.
  •  Eugene O’Neill het begin “plays” skryf toe hy in ‘n hospitaalbed gelê het.

·         Luister mooi na God se stem, dalk is Hy besig om met jou te praat.
·         Onthou dat jy eerste die geveg in jou kop verloor, voordat jy dit fisies verloor.
Is jy dus minderwaardig – te swak om voor mens of God te staan?  Kan nie wees nie – jy is soos God, Jesus het vir jou sondes gesterf, jy is ‘n kind van God en daarom is jy soos Jesus se broer/suster.  Hoe hoog wil jy wees?


Ek daag jou uit.  Gaan uit en wees anders; stap in Jesus se spore, volg sy voorbeeld en verbaas jouself.  

Jy is suksesvol en waardig as jou fondasie God se liefde en Jesus se voorbeeld is!

Wednesday 16 July 2014

The Cape is clean!

I like to travel.  If I could I would make a living out of travel.
Went to visit the Cape the weekend past - what an exceptional place.  We had four days of brilliant weather and travelling.
For you that knows the Cape Flats; we lived in Simon's Town and from there traveled to Gordon's Bay, Hermanus, Franschoek, Paarl, Melkbos and Blaauwbergstrand, as well as the peninsula - covered about 1000 kms during our stay.
What struck me was how clean the Cape was, very little anything laying around with the roads in working order and maintained.
The only place where I found it dirty was where the N2 crossed the Baden Powell, in the river - looked like Gauteng.
My question is - why is it clean there and not in Gauteng.  Why is clean next to the N3 to Durban but the moment you cross the border to Mpumalanga or Gauteng it becomes a dump?
Is it because of the wind in Cape Town, is it because of the government or is it due to the people living there appreciating their environment and personally making an effort to "be clean" and preserve?
I don't know - however, it was nice visiting the Cape.