Sunday 21 July 2019

Die Lig van 'n Kers


Related imageGeen hoeveelheid donker kan die lig van 'n enkele kers uitdoof nie.
Hoe meer kerse, hoe meer lig - donker sal altyd huiwer op die grens van lig, sluimerend, maar sal dit nooit kan uitdoof nie.
Al wat 'n vlam kan uitdoof is 'n gebrek aan suurstof.
Die kwaliteit van ‘n vlam – lig, helderheid en hitte – hang af van die kwaliteit van suurstof.
Suurstof is wat ons (mense) nodig het om te leef – dis die eerste ding wat ons doen na geboorte (haal asem) en die laaste dinge voordat ons vertrek (ons laaste asem uitblaas).
Die kwaliteit van ons lewensvlam (lig, helderheid en warmte) hang af van die suurstof wat ons inneem – dit wat ons lees, dit waarna ons luister, dit waarna ons kyk, die mense met wie ons gesels.
Hoe swakker die kwaliteit van dit wat ons inneem, hoe swakker die kwaliteit van ons lewenslig – hoe nader kruip die donker – hoe swakker is ons lig vir ander.
As ons toelaat dat ons lig uitdoof verloën ons ons doel op aarde – om lig en hoop vir ander te wees.
Geen hoeveelheid donker kan die lig van ‘n enkele kers uitdoof nie – en dalk is jy die enigste lig en warmte vir iemand anders – vandag!?

Wednesday 10 July 2019

RIP

James Small is op 50 jarige ouderdom aan 'n hartaanval oorlede. Ek weet net van hom as gevolg van sy rugby. 50 is jonk!
Vanoggend val die gedagte my aan - "as ek vandag die brug oorsteek, vir wie gee ek my boeke en elektroniese biblioteek?" Sorgvuldig oor die jare opgebou  - boek vir boek en artikel vir artikel, waarin ek soveel bevrediging vind.
En as hulle dit vat, gaan hulle ooit daarna kyk?
En indien hulle daarna kyk, sal hulle dit doen met 'n "kyk wat het (oom) Johan vir my gegee" of sou hulle daardeur peins op soek na dieselfde insigte wat ek oor jare bymekaargemaak het?
Dit is soos die Prediker sê; "dit is alles 'n gejaag na wind".
Laat ons goed besin oor wat werklik belangrik is.
Sodat ons ook kan rus in vrede.
RIP James - jy het 'n barshou rugby gespeel.

Tuesday 9 July 2019

13 of Dertien

Nommers is belangrik.  
Allerhande betekenisse word daaraan geheg. 1 = eerste. 3 = derde wiel aan die wa. 365 = Good Year. 13 de - horror, ongeluk, tragedie; en saam met 'n Vrydag, nog erger. En so aan.
Totdat jy uitgedaag word om 'n storie oor 13 te skryf .... dan moet jy Mindful met 13 omgaan. Bewustelik.
13 het vir my 'n interresante betekenis.  Ek is op die 13 de gebore, getroud, my lisensie gekry.  Het selfs my eerste graad op Vrydag die 13de gekry.  Ilke is op 31 Julie gebore - 13 omgekeer, Julie = 7de maand en 7 = die perfekte getal.
Saterdag gaan ek gas koop - 1 klein botteltjie en 3 grotes. 13. Ek laai my bottels in die kar en sien 'n ou omie wat syne uitlaai; ek gryp gou syne en dra dit na ontvangs - hy sê dankie met 'n handdruk. 1 goeie daad.
Sondag - gaan saam met Moeksie en Ilke winkels toe. Terwyl hulle die rakke
bestorm gaan ek 3 wegneem Cappuccino's koop, teen R31 elk, geplaas in 1 dra houer ... 13?
Ek kyk na my witbord teen die muur en daar staan: jy het net 1 lewe en 3 magte (powers) .... 13 .... goed waaroor jy beheer het, goed wat jy kan beinvloed en goed waaroor jy geen beheer het nie. Interresant is dat ons onsself die meeste bekommer oor die goed waaroor ons geen beheer het nie.
M is die 13de letter van die alfabet. M is ook die voorletter van my ma ... Martha, Marius, 'n vriend en sakeman, Marina - kollega wat nou in Duitsland woon, Mercia - mede gebedskryger.
Vir oulaas staar ek na my witbord teen die muur - en 'n nuwe uitdaging kom na vore in 13 letters - "Mastery of Self".
Halloween groete.......


MooiLoop.