Saturday 2 February 2019

Dominee Tienie

Toe gaan kyk ek weer vir Ds Tienie, 2 keer die show en nou die movie.
Hoekom weet ek nie eintlik nie. Dalk omdat ek bitter graag wou sien dat 'n leier in die gemeenskap, wat die plot verloor het omdat hy almal wou gelukkig hou, weer 'n leier van sy gemeenskap word.
Dalk omdat ek ook baie jare in die kerk is en orals betrokke is - en myself dikwels die vraag "waarmee is ek besig?" vra.
Doen ons die regte goed?
Dien ons die regte mense?
Is ons besig met die dinge van God of die God van die dinge?
Soms dink ek ek weet. Maar net soms.
Ons beroep 'n nuwe dominee, met 'n profiel, en uitkomste - om ons die toekoms in te vat.
Waarheen?
Watter kant van Voortrekkerweg gaan ons onsself besig hou? 
Met wat? Met wie? Of gaan hy en ons 'n Ds Tienie op ons trek?


Dalk moet almal van ons Ds Tienie die movie gaan kyk, sodat daar minder dooie mense op ons stoep kan wees.