Monday 5 December 2016

Kom ons Besluit gou!

Dit gaan baie beter met my, veral omdat ek nie meer rugby kyk nie.  Dit herinner my te veel aan swak besluitneming. 
Die interresante aspek van besluitneming is dat daar gewoonlik twee “gevolge” is.
Die eerste gevolg is die direkte gevolg – korttermyn – wanneer die besluit uitgevoer word en die onmiddelike probleem (simptoom) aangespreek word.
Die moeilikheid lê by nommer 2 – wanneer die werklike gevolg van die besluit oor tyd duidelik word (of die sistemiese gevolg).  Dis waar jy weet of dit die regte besluit was.
Voorbeeld – vat maar die regering se transformasie dryf.  Die gevolge van regstellende aksie en BBBEE en al daardie interresanthede raak nou na 20+ jaar eers regtig sigbaar – in ‘n flenters ekonomie en ‘n vermorselde Sprinbokspan.
“Resepte” is daar vir ‘n rede –
  • As jy besluit om minder sout in jou kos te gooi, gaan dit ‘n effek op smaak hê. Vir ‘n huisgesin is dit OK, want moeksie rule.  Vir ‘n restaurant kan dit jou besigheid kos.
  • In projekbestuur is daar die faktore van koste, kwaliteit en tyd.  Enige besluit oor die een het ‘n impak op die ander – nou en later.  Korttermyn suksesse kan lei tot langtermyn pyn.
  • Vir sport is dit (in my oë) ook eenvoudig – beste spelers, beste afrigting, beste administrasie en beste uitrusting = ‘n goeie kans op sukses.  As jy karring met die resep moet jy nie verwag om te wen nie.

Elke besluit het ‘n kort- en langtermyn gevolg.

Dink mooi!

Wat is die Waarheid?

Die gebeure die afgelope tyd in die kerk en in die howe het my laat dink.  Onwillekeurig laat dink.  Ek word gereëld beskuldig dat ek filosofeer.  Veral omdat ek hardop dink.
Filosofie. Wat is filosofie? ‘n Kort definisie is “dis ‘n soeke na die waarheid”.  Wie se waarheid?
Elkeen van ons het ons eie ervarings en waardestelsels wat dien as filters waardeur ons na goed kyk, interpreteer en dan besluite maak.  So, wat is die waarheid?  Ek twyfel of daar ‘n absolute waarheid is, maak nie saak waarvandaan dit kom nie – elke waarheid het ‘n waardestelsel en konteks waarvan ek en jy dalk nie bewus is nie.
Daarom het ons “tolerance” nodig – verdraagsaamheid in Afrikaans.  As daar nie tolerance is nie, moet ons dalk ons ego en intensies ondersoek – eerlik.  Hoe gay is gay? Hoe getrou is getroud?  Hoe gelowig is godsdiens?  Hoe eties is reg?  Hoe lank is ‘n stukkie tou?

Onthou – ‘n soliede lyn is op sy beste ‘n versameling kolletjies!
Image result for waarheid

Friday 4 November 2016

Verlies

Verlies – ‘n nare woord. Gaan gewoonlik met hartseer of spyt gepaard.
Dit impliseer dat jy iets verloor het wat jy gehad het.
Nog ‘n briefie kom vanoggend verby – nog iemand wat ek ken het aanbeweeg.  Sy het iewers in die gang af gewerk, ons het gegroet en soms bietjie twak gepraat. Dis verby.
My dogter ry more saam met vriende om ‘n doop by te woon, iewers in die platteland, 2 ure ver.  Sy moet saam met iemand ry anders gaan sy nie. Ek sukkel om te glo dat my dogter veilig sal wees as daar iets langs die pad gebeur. Verlies.
Die staatspresident het al sy kredietwaardigheid verloor.  Ander het hulle waardigheid verloor – hulle huil op die TV wanneer hulle vertel dat hulle by ‘n shebeen gaan kuier het, wat toevallig naby die Guptas se huis is.  Die omie langs die pad vanoggend het sy lus vir die lewe verloor – waar is sy kinders? Waar is sy familie? Het hulle hom ook langs die pad verloor.
Ek het my respek verloor – vir leiers wat nie leiers is nie. Vir mense wat politieke korrektheid belangriker ag as die waarheid.  Waar reg net bestaan vir die wat in posisies sit, waar mense dronk is van mag – en so hulle menswees verloor.
Tog – op fb is daar ‘n post waar ‘n ma vra dat mense asseblief nie vir haar seun wat by verkeersligte bedel, geld gee nie.  Sy heg ‘n foto aan.  Die geld gaan vir sy dwelmbehoefte.  Sy het nie haar liefde vir haar seun verloor nie.  
Stop by die verkeerslig vanmore – knoop ‘n gesprek aan met die venster-tot-venster verkoopsman.  Hy reken die mense het nie meer kontant nie, daarom verkoop hy nou van hierdie plastiek sakkies waarin jy ‘n kredietkaart kan skuif.  
Hy smile en groet toe ek weer verbykom.  Hy het niks om te verloor nie.
Ons praat by die selgroep oor die moeilikheid in ons land en bedink hoe ons as Christene moet optree.  Dis moeilik. Soms wil ons die manne wat droogmaak gaan afstof, en dan wonder Marius wat sou gebeur as 100 of 200 van ons manne opruk en daar gaan bid, gemoedere kalmeer.  Nuwe prentjie in my kop. 
Ek lees van ‘n paar politici wat gister strate gaan skoonmaak het in Pretoria, nuwe hoop. Alles is nog nie verlore nie.  
Daar is tog goeie mense op alle vlakke en plekke – daar is hoop.  Ek beleef my selgroep – dinge gaan altyd beter verder in die pad af, glo ons.  Wat het ons regtig wat ons kan verloor.
Verlies – jy kan nie iets verloor wat jy nooit gehad het nie. Jy kan nie God aankla as jy nog nooit in Hom geglo het nie. Jy kan nie ‘n geliefde verloor, as jy hom of haar nooit regtig liefgehad het nie.  Jy kan nie oor die gemeenskap kla as jy nog nooit bygedra het nie.  Jy kan nie oor die kerk kla as jy nie bywoon nie.  Jy kan nie oor mense by die werk kla, as jy nie met hulle gepraat het nie.  Jy kan nie kla dat mense jou ignorer, as jy nie deelneem nie.  Jy kan nie kla oor wetteloosheid as jy self oor die rooi verkeerslig ry nie.  Jy kan nie kla oor egoism as jy nie diensbaar is nie.  Jy kan nie oor enigiets kla as jy nie ten minste daar is/was nie.  Alles gaan nie oor jou nie.
Jy kan nie jou lewe verloor as jy nog net bestaan het nie.  Lewe ‘n bietjie.  Verlies sal daar altyd wees, maar aan die einde van hierdie lewe wen ons weer alles. 

Reis veilig Ilke.  MooiLoop kollega. Hamba kahle!

Sunday 25 September 2016

Verduidelikings?

Die afgelope paar weke het siekte en dood nogal sy draai in my omgewing gemaak.
So het genade en uitkoms en hoop ook sy deel gedoen.
Gister het ons kermis by die kerk gehad, met speletjies en 'n vleistafel en skyfskiet.
Ons het afgesluit met 'n wynveiling en 'n show.
Frank Opperman met "Die Hond".
Grappig en hartseer. Baie goed.
Frank vra die vraag "weet jy hoe dit voel"?
Baie antwoord met betaande oë. Hulle weet.
Ons pak op en gaan huistoe, pak af!
En ek besef - vir 'n gelowige is geen verduideliking nodig nie, vir 'n ongelowige is geen verdeuideliking moontlik nie.

Tuesday 13 September 2016

Hearts of Stone

The Godfather, Part III: "when the Godfather, Don Corleone, is forced to visit the distinguished Cardinal Lamberto to tell him the bad news that a legitimate business deal involving the Vatican Bank has gone bad. The bank is run by the Archbishop and a coalition of Catholic businessmen. 

"The Cardinal listens to the Godfather; then he says something quite profound. He picks up a stone and says, 'Look at this stone. It has been lying in the water for a very long time. The water has not penetrated it.' Then he smashes the stone. 'Look,' he says peering at the smashed insides of the stone, 'perfectly dry. The same thing,' the Cardinal continues, 'has happened to men in Europe. They have been surrounded by Christianity for centuries, but Christ does not live in their hearts.' 


In this country of ours, did anything really change?

(Source: Rev. Jef Olson, "Reassessment of Ministry")

Tuesday 6 September 2016

Wat het ek vandag geleer?

In die afgelope paar weke het ek die volgende beleef:

  • 'n Vriendin word gediagnoseer met kanker en 'n enorme gewas in die maag. Die operasie is gedoen en nou begin die res van die proses.
  • Ek loop 'n kennis raak na baie jare. Jy is darem erg maar sê ek, oefen jy, dieet jy of is jy siek vra ek. Lanklaas gesien. Kanker sê hy, hy is klaar met die behandeling en reeds 8kg swaarder.
  • 'n Familielid neem sy lewe, depressie!
  • Kry 'n kollega in trane vanmiddag, sy het 'n gewas in die maag na 'n motorongeluk. Sy wag om te hoor wat is die opsies en is bang. Ek praat haar moed in. Dit help 'n  bietjie.
Ek ry huistoe op my motorfiets, 'n patatbrein wissel bane sonder om te kyk. Daar is 'n boodskap op sy selfoon.
Ek leer, die lewe is kort, moenie wag om lief te hê nie.
More is 'n herderskim wat heelwaarskynlik vol spyt is, as ons nie nou lewe nie.
Hou op om selfsugtig te wees, dit gaan nie oor jou nie.
Be nice, almal is besig met 'n geveg waarvan jy niks weet nie.

Friday 29 January 2016

How do we Change our Current State of the Nation (and World)?

Reading the papers, watching the news and engaging in discussions normally leads to a disheartening feeling of "we had it"!  This very morning someone mentioned that there are already so many signs of the end times - TRUE.
We, however, know that these dark times are not unique and that "civilisation" went through various cycles of good and bad.
Do I ignore the fact that we, as a nation is in deep trouble; no, not at all.  I, as a person resent most of our leaders today, as I believe that the vast majority of them is in this to gain and/or maintain power, with no two thoughts on the effect that they have or the effect of what they say; and from there it is all about taking what they want.
This is where the age old question is important; what are we (starting with myself) going to do about it?
How are we going to change the current culture of hatred, entitlement and self importance to a culture of mutual respect and dignity?
I'm sorry to say, but there is no political way out.  Most of our leaders and politicians count under the most corrupt and criminal, with a justice system that protect the criminal, and criminalize the "law abiding citizen". 
From where I'm standing the only way we are going to change things is to change the way people think.  
We need a change of heart.  We need to belief differently!
Our hearts need to submit to God - and there is no time left.
We need to replace our self-serving leaders with God fearing / loving leaders.
We need to become God fearing again!
Then things will change - we will act differently, because we think differently, and therefore we will have a different future.
Change starts from the inside!  One person at a time - starting with you and me!