Monday 5 December 2016

Kom ons Besluit gou!

Dit gaan baie beter met my, veral omdat ek nie meer rugby kyk nie.  Dit herinner my te veel aan swak besluitneming. 
Die interresante aspek van besluitneming is dat daar gewoonlik twee “gevolge” is.
Die eerste gevolg is die direkte gevolg – korttermyn – wanneer die besluit uitgevoer word en die onmiddelike probleem (simptoom) aangespreek word.
Die moeilikheid lê by nommer 2 – wanneer die werklike gevolg van die besluit oor tyd duidelik word (of die sistemiese gevolg).  Dis waar jy weet of dit die regte besluit was.
Voorbeeld – vat maar die regering se transformasie dryf.  Die gevolge van regstellende aksie en BBBEE en al daardie interresanthede raak nou na 20+ jaar eers regtig sigbaar – in ‘n flenters ekonomie en ‘n vermorselde Sprinbokspan.
“Resepte” is daar vir ‘n rede –
  • As jy besluit om minder sout in jou kos te gooi, gaan dit ‘n effek op smaak hê. Vir ‘n huisgesin is dit OK, want moeksie rule.  Vir ‘n restaurant kan dit jou besigheid kos.
  • In projekbestuur is daar die faktore van koste, kwaliteit en tyd.  Enige besluit oor die een het ‘n impak op die ander – nou en later.  Korttermyn suksesse kan lei tot langtermyn pyn.
  • Vir sport is dit (in my oë) ook eenvoudig – beste spelers, beste afrigting, beste administrasie en beste uitrusting = ‘n goeie kans op sukses.  As jy karring met die resep moet jy nie verwag om te wen nie.

Elke besluit het ‘n kort- en langtermyn gevolg.

Dink mooi!

Wat is die Waarheid?

Die gebeure die afgelope tyd in die kerk en in die howe het my laat dink.  Onwillekeurig laat dink.  Ek word gereëld beskuldig dat ek filosofeer.  Veral omdat ek hardop dink.
Filosofie. Wat is filosofie? ‘n Kort definisie is “dis ‘n soeke na die waarheid”.  Wie se waarheid?
Elkeen van ons het ons eie ervarings en waardestelsels wat dien as filters waardeur ons na goed kyk, interpreteer en dan besluite maak.  So, wat is die waarheid?  Ek twyfel of daar ‘n absolute waarheid is, maak nie saak waarvandaan dit kom nie – elke waarheid het ‘n waardestelsel en konteks waarvan ek en jy dalk nie bewus is nie.
Daarom het ons “tolerance” nodig – verdraagsaamheid in Afrikaans.  As daar nie tolerance is nie, moet ons dalk ons ego en intensies ondersoek – eerlik.  Hoe gay is gay? Hoe getrou is getroud?  Hoe gelowig is godsdiens?  Hoe eties is reg?  Hoe lank is ‘n stukkie tou?

Onthou – ‘n soliede lyn is op sy beste ‘n versameling kolletjies!
Image result for waarheid