Die persoon wat jy uiteindelik gaan word is die persoon wat jy kies om te wees.
Dit is baie waar dat omgewing en geleentheid 'n groot rol gespeel het (verlede tyd) in wie jy tans is, maar jy hoef nie daar te bly nie. Jy kan kies om jou omgewing te verander (selfs al bly jy op dieselfde plek), en om geleenthede te kan benut, moet jy reeds in plek wees wanneer die geleentheid homself voordoen.
Die keuse is joune en joune alleen; ja, daar is baie goeie redes en verskonings oor hoekom jy nie kan nie - vind een rede waarom jy wel kan, en werk daarmee.
Die beste rede is gewoonlik "omdat jy wil"!
Groei is nooit maklik nie - want dit vereis dat jy uit jou gemaksones moet kom, dat jy goed moet doen wat jy self nog nie vantevore gedoen het het nie, dalk jy kan faal - wel, die enigste persoon wat faal is die persoon wat nie probeer nie.
Punt. Waarmee begin jy vandag?
No comments:
Post a Comment