Monday, 13 April 2020

Dag 19: Is daar Enigiets om voor Dankbaar te Wees? 21 Dae van Leer.


Ons gebruik bruistablette vir verskeie redes - dit kan vir energie vroeg in die oggend of net voor jy gaan oefen wees; dit kan wees om sinusse wat pla aan te spreek; dit kan wees om jou imuunstelsel te versterk.  

Dankbaarheid is soos 'n bruistablet - wanneer jy dit sluk, begin jy borrel en bruis, eers stadig en dan al hoe meer.

Dis baie maklik om ontevrede te wees met wat jy het, wat jy is, waar jy is, jou omstandighede, jou inkomste - en natuurlik die huidige toestand van inperking.  As jy die vermoĆ« het om hierdie "post" of "blog" te lees, het jy baie om voor dankbaar te wees.

Die oomblik as jy dankbaar is vir wat jy het, maak jy die pad na die nuwe dankbaarhede oop - dit werk dieselfde as met ontevredenheid; hoe meer ontevrede jy is met goed, hoe meer vind jy om oor ontevrede te wees.

Verander jou ingesteldheid!  Begin klein.






No comments:

Post a Comment