Die
kompleksiteit van die lewe en die univers word uitgebeeld in woord en teks, maar
voordat die storielyn kan klaarmaak is die einde weg - 'n nuwe gedagtelyn
openbaar homself, oor mens en dier en die ewewig daarvan.
Dan
begin 'n komposisie - musiek vir die ore van 'n skepsel, versigtig aanmekaar
gesit deur die Skepper in die vorm van wind en donderslae; in voëlgesang en bok
geblêr; in die sagte melodie van waterstrome en die druis van 'n waterval; die
absolute stilte van 'n windverwaaide woestyn, met sononder; in die kleuretaal van 'n reënboog en purper sonsondergang; wat nooit dieselfde is nie.
Dink daaroor!
Dankie Johan vir elke dag se uitsonderlike gedagtes
ReplyDelete