Vra SlapSarel vir my of dom en moedswillig
dieselfde is? Hy vra altyd moeilike vrae wat jy op sewe maniere kan
antwoord.
Hy reken hy het nog altyd gedink dit is,
maar vermoed nou hy is verkeerd – dis nou nadat hy met sy seun gesels het…
So die vraag is; is dom =
moedswillig?
Dom kan heel moontlik na IK verwys, wat heel moontlik kan verbeter
as ‘n person aan sekere goed blootgestel word en hy/sy meer
leer! Meer leer beteken dat jou brein ingespan moet word om nuwe
kennis en/of vaardighede te verwerf. Daarom is dit moontlik om dom
te wees en oor tyd minder dom
te word, of slimmer as jy dit so sou verkies.
Dit is egter ook moontlik dat ‘n person
baie geleerd kan wees – maar besonders dom
optree. Soms omdat hy/sy moedswillig is!
Moedswillig is meer ‘n houding – ‘n attitude. Moedswillig is
soos om teen goeie kennis en insig in ‘n bepaalde teenproduktiewe manier op te
tree, net omdat dit jou pas – met ander woorde ‘n negatiewe selfsug dryf gedrag. Of dom gedrag!
“Competence” of bevoegdheid bestaan
(Johan sê so) uit kennis (knowledge), vaardighede (skills) en ervaring
(experience) – en baie belangrik ….. houding (attitude)!
Daarom kan jy baie slim en vaardig en
ervare wees, met ‘n baie swak (crap) houding; of jy kan enige verhouding van
slim/dom, vaardig/onvaardig en ervare/onervare wees, met ‘n goeie
houding. Goed = positief
betekende "can do", "never say
die", tegemoedkomend, leergierig, ensovoorts …. julle verstaan mos.
Daarom kry jy baie bevoegde mense wat sukkel omdat hulle swak
houdings het, en baie mense wat onbevoeg geag word as gevolg van ‘n gebrek aan
formele kwalifikasies – wat uitstekend doen.
Wat jou aanvaarbaar maak is nie hoe slim jy is nie, maar
eerder wat jou houding is – teenoor jouself en ander.
Dom en moedswillig is definitief nie
dieselfde nie – maar eerder hoe jy met jou domgeit in jou slimgeit omgaan!
So sê ek – Johan
No comments:
Post a Comment