Monday, 30 July 2018

Dom Moedswillig


Vra SlapSarel vir my of dom en moedswillig dieselfde is?  Hy vra altyd moeilike vrae wat jy op sewe maniere kan antwoord.
Hy reken hy het nog altyd gedink dit is, maar vermoed nou hy is verkeerd – dis nou nadat hy met sy seun gesels het…
So die vraag is; is dom = moedswillig?
Dom kan heel moontlik na IK verwys, wat heel moontlik kan verbeter as ‘n person aan sekere goed blootgestel word en hy/sy meer leer!  Meer leer beteken dat jou brein ingespan moet word om nuwe kennis en/of vaardighede te verwerf.  Daarom is dit moontlik om dom te wees en oor tyd minder dom te word, of slimmer as jy dit so sou verkies.
Dit is egter ook moontlik dat ‘n person baie geleerd kan wees – maar besonders dom optree.  Soms omdat hy/sy moedswillig is!
Moedswillig is meer ‘n houding – ‘n attitude.  Moedswillig is soos om teen goeie kennis en insig in ‘n bepaalde teenproduktiewe manier op te tree, net omdat dit jou pas – met ander woorde ‘n negatiewe selfsug dryf gedrag.  Of dom gedrag!
“Competence” of bevoegdheid bestaan (Johan sê so) uit kennis (knowledge), vaardighede (skills) en ervaring (experience) – en baie belangrik ….. houding (attitude)!
Daarom kan jy baie slim en vaardig en ervare wees, met ‘n baie swak (crap) houding; of jy kan enige verhouding van slim/dom, vaardig/onvaardig en ervare/onervare wees, met ‘n goeie houding.  Goed = positief betekende "can do", "never say die", tegemoedkomend, leergierig, ensovoorts …. julle verstaan mos.
Daarom kry jy baie bevoegde mense wat sukkel omdat hulle swak houdings het, en baie mense wat onbevoeg geag word as gevolg van ‘n gebrek aan formele kwalifikasies – wat uitstekend doen.
Wat jou aanvaarbaar maak is nie hoe slim jy is nie, maar eerder wat jou houding is – teenoor jouself en ander.
Dom en moedswillig is definitief nie dieselfde nie – maar eerder hoe jy met jou domgeit in jou slimgeit omgaan!
So sê ek – Johan 

Monday, 4 June 2018

Wie is die Regte Helde?


Almal van ons het helde – van kleins af is daar iemand of iets wat jou held of heldin is.
Kleintyd was dit Superman of Superwoman – of dalk die Joker in die Batman reeks.  Dogtertjies het gewoonlik ‘n heldeverering vir hulle pa’s.  Veral in die begin is mans die helde van hulle vrouens.
Baie van ons het sport helde … Pierre Spies of Naas Botha of Kwagga of Nadal of wie ookal jou tone laat krul.
Helde uit die geskiedenis – Racheltjie de Beer red haar broer van die koue. Amakeia  – wat haar lewe gee vir weerlose kinders toe vyandige Impi’s hulle aanval. Wolraad Woltemade jaag die see in op sy perd – verskeie kere, om mense te red wat hy nie ken nie.
Hedendaagse helde - die Somaliër wat 4 verdiepings se balkonne geklim het om ‘n kind te red wat besig was om oor te val.  ‘n Onderwyser wat sy liggaam gebruik as skans teen ‘n skool skieter.
Wat is ‘n held?
Helde is nie volmaakte wesens nie – of die spreekwoordelike ridder op die wit perd.
‘n Held is eerder iemand wat ander se belange voor sy eie sit.
Helde is mense wat bereid is om alles te gee vir ander – selfs om te sterf.
Helde is mense na wie ons opkyk en bewonder.
Helde kyk uit vir ander.
Helde doen wat gedoen moet word.
Helde sien ander se behoeftes en nood raak.
Wat is heldedade?
Dit kan groot wees – soos om op ‘n handgranaat te val om jou makkers te red.
Dit kan iets “kleins” wees – soos om vir hongeres kos te gee of ‘n baba uit ‘n swembad te red, of om ‘n hond van die hoofweg te red.  Dit kan klein wees in jou oë, maar groot in ander s’n.
Ons almal het die vermoë om helde te wees – ons moet net van onsself wegkyk, en ander se behoeftes begin raaksien.
Is daar regtig helde?
Buitengewone helde – verseker:
  • Nick Vujicic – man sonder arms en bene.
  • Tiaan – vriende van se briljante ingeneur seun wat nadat hy klaar gestudeer het die pad in Afrika in geval het om te bedien, volg die stem van God.  Buitengewoon.  Ongewoon.
  • Victor Frankl - 'n Oostenrykse psigiater wat 3 konsentrasie kampe in die 2de Wereld oorlog oorleef het.

Geloofshelde – lees Hebreers 11.
  • Omdat Abraham, Isak, Jakob, Josef, Moses se ouers, Moses, Israeliete, Ragab die prostituut …. geglo het, het goed gebeur.  Gaan lees ‘n bietjie.

 Wat is die probleem?
Soms verander die ridder op die wit perd in ‘n knopkop op ‘n donkie …..
Baie keer is die sogenaamde helde (motiverings sprekers) op TV en YOUTUBE mense wat buitengewone omstandighede moes oorkom – maar baie keer as gevolg van hulle eie dom foute.  Ouens wat moes leer loop na ‘n ongeluk, ‘n man wat sy hande verloor het omdat hy met petrol gespeel het, dwelms – en so aan. 
Die feit dat hulle dit oorkom het is prysenswaardig, maak geen fout nie.
Wie is die “regte” helde?
Nog steeds stry ek met die vraag; “wie is die regte helde?”  Wie is die mense na wie toe ons regtig kan opkyk?
In my oë is die regte helde van die wêreld die gewone mense rondom ons.  Elke dag se mense.  Ons mense – ek en jy!
Kyk bietjie rondom jou – wat sien jy?  Kyk verby die uiterlike …. en sien die moedige persoon wat opstaan en veg en voortbeur en planne maak en huil en pyn maar wat bly veg.  Soos ‘n bokser stap hulle elke oggend uit vir nog ‘n rondte in die kryt van die lewe.  Mense wat nie ophou tot en met die laaste rondte nie.
Dis die helde, die regte helde – die helde wat nooit erkenning kry nie en soms deur hulle eie mense verguis word.  Daardie wat opstaan en voortbeur ongeag die “odds”.  Mense wat die bodem skraap en tog nie opgee nie.  Dis die mense rondom jou – dis julle – dis ons, wat vashou en aangaan.
Regte helde het “purpose” – hulle staan op vir ander, baie keer ten koste van hulself.
Regte helde het “attitude” – ‘n “never give up” attitude. Kannie dood.
En soms wen regte helde, en soms nie – maar dit laat hulle nie ophou nie.

Ek laat julle met ‘n aanhaling
"It's not the critic who counts, not the one who points out how the strong man stumbled or where the doer of good deeds could have done better.
"The credit belongs to the man who is actually in the arena: Whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs and comes short again and again…
"Who knows the great enthusiasms, the great devotions, and spends himself in a worthy cause…
"And who, at worst, if he fails at least fails while daring greatly so his place shall never be with those cold and timid souls who know neither victory nor defeat."  (Theodore Roosevelt)
Die regte helde is jy en die mense rondom jou!

Monday, 30 April 2018

Leadership Crumbs


Traveling by air is not something big for me, I prefer to travel by car due to being in touch with the land and space and people and just for the sake of being out there.  This is where you meet the real people of our country.  However – being blessed with the ability to travel to Cape Town by air and having the time available to browse through a copy of “Leadership” (edition 389, February 2018) the following caught my attention:

Inga Vanqa is honoured for being award-winning and building a successful quantity surveying company made the remark that “it’s still very tough to be a black business person in this country. The first problem is the access to finance and the second is the access to the market.”  This true for all, unfortunately.  However, the remarks he made that I completely support are (1) that education and mentorship will play a big role if the situation is to be change and (2) I believe in leading by example and showing them how it’s done – referring to telling people to not be late and then be late himself.  Absolutely.  I believe that is what leadership is what is all about.

Pricillah Mabelane (CEO for BPSA) said she strongly believe in orchestrating delivery through people and being a visible and active leader.  She mentioned – able to listen, engage to inspire confidence, being adaptive ito different people and contacts, know when to push and when to pull, challenging people to grow and continuously get better, walking the floor, interfacing with customers to understand their needs, spending time with the sales team, understanding the risks we operate under.  Wish I knew her better.

Willem van der Merwe, GM of Africa Biomass Company, said that leadership meant to him the following – set an example that inspires people by the Grace of God, inspire a vision to create a reality that does not yet exist but can be achieved through focus and planning, initiate action and control to achieve the vision, serves his people, let all know everyone are important.  He states that good leaders should never make themselves more important than the group around him/her.  Wise words indeed.

Being a leader takes a lot, it requires sacrifices.  Vanqa says that due to him being very busy he misses activities with his children.  He sees it as part of the sacrifice one must make.  He hopes to retire early one day and then be a house husband and stay-at-home dad.  And here is where I’m saddened – the sacrifices that leaders make and the challenges they face seldom allows them to realise an early retirement and time with their families.  By the time they have time for their families, their families tend to not have time available for them.

So, here is the question …. are they (and we) creating a world to which people want to belong? (Leadership definition according to Robert Dilts – NLP coach and author.)  The more difficult question is how much of what we are doing as leaders are driven by ego or necessity?

Friday, 30 March 2018

Adoramis Eucharistie


Dis Donderdag middag voor Paasnaweek - Goeie Vrydag, Stil Saterdag en Opstanding.

Die poorte is oop - besighede maak vroeg toe en almal jaag om die Paasnaweek verkeer te mis. 
Hulle is egter te laat; verkeersverslae vertel reeds van ongelukke en opgehoopte paaie.  Die eerste mense is reeds dood op die R21.  Vyf op een slag.  Smart op die Paasnaweek – soos Maria lank gelede.
Sommiges van ons bly tuis om die verkeer te mis. Dis langnaweek.

By die kerk maak ons gereed vir die Avondsmaal.
Adoramis - om in liefde te aanbid.
Eucharistie - viering van die laaste Paasmaal van Jesus saam met Sy dissipels.  

Die tafels word gedek met brode, vleisbrood, dadels, druiwe en meer.  Glase vir wyn en druiwesap word mooi uitgepak.  Versierings word opgesit.  Dit lyk goed.


Eers hou ons nagmaal - tekse word gelees, liedere word gesing, stilte, ons neem die brood en doop dit in die wyn. Simbolies.







Ons steek kerse aan en bid.  Ons staan stil voor God en is dankbaar dat Hy toegelaat het dat Sy Seun met 'n soen verraai kan word en sterf, sodat ons kan leef.




Ons stap om na die saal en geniet 'n gemeentefees.











'n Doringkroon word om 'n lamp gesit as versiering. Afronding.  Totdat die liggie aangeskakel word, en ek besef dat selfs binne 'n doringkroon was Jesus lig, en dat geen donker groot genoeg is om lig uit te doof nie.
Wanneer laas het ons mooi gedink oor wat hierdie paar dae beteken - het dit enige effek op ons toewyding?
Geseënde Paasfees aan almal.
Vrede.
Reis veilig.

Sunday, 25 March 2018

Sondag in Rondebosch

Dis Sondag in Rondebosch. Ons kuier by vriende, die dominee van die NG Kerk Rondebosch. Hulle bly baie naby aan Nuweland, die krieketkykers parkeer voor sy huis en stap aan. Ons wikkel ons by die hek uit en ry kerk toe, stop eers gou by Spar om hot cross buns te koop. 

Dis Palm Sondag, die dag wat Jesus Jerusalem ingery het - op 'n donkie. Die krieketkykers se donkies parkeer elke moonlike plek toe. Die Ausies erken hulle kroek.

Die kerk is oud, oor die jare het baie groot geeste daar gekerk, nou is daar min mense, van alle soorte - almal saam om te aanbid.  Oorkant die kerk is 'n treinspoor, en 'n muur vol grafiti, en 'n ouma en kleinseun wat tennis speel.

Ons sing psalms, met orrelbegeleiding. Skielik staan almal op om mekaar te groet. Soene en bladskud. Almal is bly om mekaar te sien. Oomblikke van georkestreerde chaos.

Sit asseblief, nou volg 'n paar minute van stilte. Stemmig, respekvol.

Daar is 'n koor wat sing, palmtakke word voor die kansel gelê. Verjaarsdae word van die kansel af geluk gewens. In die kerk is tannie Annie Beukes, sy word 104 in Junie. 104. Hoe kry sy dit reg? Genade en harde werk is haar resep - sien, harde werk gaan jou eerder oud maak as dood.

Johan preek en projekteer die liedjies op die skerm; ons volg die orrel - die gemeente is ook besig om 'n nuwe psalm aan te leer, maar hulle gaan dit nie vandag sing nie. Ons luister mooi, Barrabas se naam beteken eintlik "seun van die vader", hy word vrygelaat sodat die "Seun van die Vader" gekruisig kan word. Sodat hy gered kan word; en ons.

Die trein kom verby, en die letters skud op die bord - net soos die aarde met Jesus se kruisiging. Die projektor hou nie van die trein nie. En net om spiteful te wees kom die trein weer verby.

Die diens is verby, ons gaan drink tee en eet hot cross buns.
Almal groet, ons ry ook.
Vandag se diens? Ver verwyderd van die praise en worship wat "almal" wil hê. Dalk die eerlikse diens waarin ek in 'n lang tyd was. 
Klein kerk, min middele, in die berg se skadu - groot behoefte.
Ek weet, God was en is daar, in die kerk by ons en in ons harte.
Hy is orals, ook waar die Aussies kroek en kameras alles sien.

Tuesday, 20 March 2018

Kaapse Besoek

Sondagoggend vlieg ons Kaap toe. Bietjie vakansie en stafbesoek - wil kyk hoe gaan dit met ma en Werner.
Die vlug is leeg en soos gewoonlik druk my bene teen die voorste sitplek. Ek probeer slaap maar dit werk ook  nie. Ek skuif na 'n ander sitplek, teen 'n venster en kyk oor die landskap van bo af.  Van klein tyd af is ek gefasineer deur paadjies, en van bo af kan jy baie sien. Ek wonder altyd waarheen hulle gaan en wie daarop ry.
Die man agter die stokke sê ons is 200 km van die Kaap af en toe tref dit my, die landskap onder ons is swart en bruin, dis verskriklik droog. Daar is net grond. Nog nooit kon ek die paadjies so duidelik sien nie.
Die vliegtuig begin al brieke aansit voor lappies groen uitslaan, maar nie baie nie.
Die vliegtuig draai in om te land, oor 'n plakkerskamp en arm woonbuurt. Die grond is so vol gebreekte glas dat dit lyk of ons oor 'n hiperaktiewe disco bal vlieg. Die son se weerkaatsing op die glas kla ons aan - "kyk hoe mors julle".
Ons vat die pad Robertson toe, vriende bewerk die aarde daar. Aktief, berekend, met insig. Ander haal uit, hulle plant. Brokkoli, uie, druiwe, rooibos vir tee - alles vir 'n bepaalde tyd, met 'n plan. Berekend. Woeker.
Ek sit op die stoep en skryf en ek wonder hoe dit is dat een groep breek en die ander bou. Wat maak dat een ou opgee en die ander presteer. Dieselfde geleenthede, twee persone, verskillende resultate?
Die toekoms is interresant, die boer reken hy het 10 jaar se water, vanoggend meet hulle suiker in die druif. Niks staan stil nie.

Thursday, 1 March 2018

Maak Eers Klaar Waarmee Jy Besig Is!

Wanneer jy met te veel goed werk, daar nie genoeg tyd is nie, en daar nog in die ry staan, dan gebeur dit dat jy genoop word om iets wat nou belangrik is eers vir bietjie later los, omdat daar iewers ‘n ander belangriker iets is.  Wanneer later kom kan jy nie onthou waar jy dit vroeër gelos het nie en dan spandeer jy baie tyd om goed wat jy vroeër moes gedoen het te kry, sodat jy nou kan doen wat vroeër moes gebeur het maar gelos het vir later sodat jy iets anders vroeër kon doen!  
Nou weet jy nie meer waar jou vroeër se later is nie!

Whatever, vroeër of later, iets sal ons doen; maak verkieslik eers klaar waarmee jy nou besig is!