Thursday, 23 July 2020

'n COVID Psalm

As ek 'n Psalm sou skryf.
Soos Dawid.
Sou my Psalm ook 'n nommer kry - en in die Groot Boek opgeneem word?
Sou my Psalm borrel van vreugde en lesers opbeur?
Of sou my Psalm hartseer wees? Vir God en mens vertel van my seer, van my eie moegheid, van my afgestompte opgekropte gevoelens, my behoeftes - van my vrese?
Sou die woorde van my Psalm die seer in mense se oë kon beskryf, eens trotse mense nou platgeslaan?
Wat van my woede wanneer mense (met werk) kla - terwyl daar genoeg is. 
Sou my Psalm iets kon sê oor selfgeregtigde mense, entitled mislike mense - wat ander  niks gun nie? Mense wat soos witgepleisterde grafte die Christelike waardes van liefde, versorging, gasvryheid, mededeelsaamheid verlê het. Kerk mense.
Sal my pen die prentjie kan skilder van die jong man wat werk soek by my hek, die help asseblief op plakkate, die CVs op facebook. Sou ek kon raakskryf van die straatverkoper, die besemverkoper - die man by my hek wat vir hulp vra, hy het sy werk verloor. Hy bly net straatop. In ons middelklasbuurt.
Sou ek ook soos Dawid op God kom skree - hoe lank nog. 
Here. Hoor U my dan nie. Ons nie. Waarom antwoord U ons nie - of hoor ons maar net nie?
Waar is die wysheid waarvoor ons bid, wat ons soek, Here, in hierdie moeilike en deurmekaar tyd. Wysheid, soos Salomo s'n. En kalmte.
Hoeveel keer sal ek "hoekom" sê? Vra?
As ek 'n Psalm kon skryf, sou ek God daar vind?
Sou dit begin as 'n klaaglied en eindig in 'n jubellied?
As ek 'n Psalm sou skryf, sou God ook daar wees?
'n Psalm.

Monday, 18 May 2020

Healthy Habits to Live By


Habit 1:  Live in the present moment.  We need to be present for the miracles of life. “Every morning we are born again.  What we do today is what matters most.” (Buddha)
Habit 2:  Simplify life.  Outer de-cluttering.  Keep material possessions to a minimum and only hold what you really need.  A simplified life is more enjoyable and less complicated. Own only what you need.
Habit 3:  Inner de-cluttering.  Take care of others. Make room for others and dump selfish habits.
Habit 4:  Meditate. “The earthly obscures the heavenly.  Human voices drown out the voice of God.  Only in solitude can you begin to sift away the chaff and come at last to the golden grains of truth.  Silence will speak more to you in a day than the world of voices can teach you in a lifetime.  Find solitude – and having discovered her riches, bind her to your heart.” (Frances J. Roberts)
Habit 5:  Follow the wise. Look around, there are always insightful people to learn from, especially older people.  Develop a passion for learning.
Habit 6:  Listen mindfully and without judgment.  Take in everything that someone is saying without evaluating it. This leads to mutual respect, understanding and a chance for progress in conversation.
Habit 7:  Accept that change is a law of the universe. Let things flow naturally forward in whatever way they like (lao Tzu). The moment is all that exists.
Habit 8:  Focus on one thing.  Whatever is happening in your present moment, give it your full attention.  You will experience more peace and calmness as a result.  Don’t confuse activity (or multi-tasking) with productivity.  Give it everything you've got.
Habit 9:  Let go of what you can't control.  Letting go gives you freedom, which is important for happiness.
Habit 10:  Strive to keep balance.  Living in the extremes of life challenges balance.
Habit 11:  Have a sense of purpose.  “He who has a why to live for can endure almost any how.” (Nietzsche) Purpose give you the “why”.
Habit 12: Pray for wisdom.  Wisdom is the power to see the truth without having to fit it into any mold.  Wisdom- Knowing that there is always more than what we see and know in this moment.
You can unlearn habits and learn new habits!  If you want to.
(Some sources – Come Away my Beloved, Frances J. Roberts; Hackspirit.com; ideapod.com; Chabad.org)


Wednesday, 29 April 2020

Oom Johny en die KWV Kwota


1975, Desember. Ek is 'n laaitie in Standerd 5 - Kalkrand Laerskool, 29 kinders groot.
Ons boer Botswana se kant toe, net anderkant Hoachanans. Rooi Kalahari duine plaas, met Karakoel skaap en Boerbokke.
Dinge kners - die pelspryse is nie wat dit moet wees nie, die reën ook nie.  Vakansie hou was 'n vreemde konsep - in effek, ek het eers gehoor jy gaan weg tydens skoolvakansies toe ek klaar was met skool.
Hierdie jaar is dit egter anders - Oom Coenraad van die buurplaas het ons genooi om saam met hulle Swakop toe te gaan, visvang, vroeg in Desember. Ons bly in die Munisipale A-raam huisies.  Opsigself was dit 'n vreemde ervaring, 5 uur in die oggende op om iewers heen te ry en vis te vang, dan laat namiddag terug om die vis skoon te maak en dan te vries vir die lang pad terug. Ek vermoed dis waar ek my knou gekry het, ek hou vandag nog nie van viswerk nie - o ja, en toe kry ek nog "arc eyes" van die son op die see. Nie geweet dis hoe 'n mens vakansie hou nie.
Die pad terug was lank, 400 km Windhoek toe, 200 km Kalkrand toe, dan oos, verby Hoachanas, laai af by Oom Coeraad, en dan die laaste paar myl plaas toe. In 'n Series 3 Land Rover.
Ek dink nie ek was al ooit in my lewe so bly om die laaste duin se kruin oor te steek nie, dan regs op die tweespoorpad wat al langs die duin, rooi rooi kronkel, tot by die opstal. Die ou opstal wat my pa besig was om reg te maak, groot stoep en dak oor die sitkamer - eintlik was dit 'n buitepos waarvan my pa al die geboue aanmekaar gelas het met steen en sement, en 'n enorme dak reg bo-oor.
By die hek, voor die opstal, het 'n Kameeldoring en Witgatboom gestaan waaronder die ou Breakneck generator/sweismasjien op 'n sleepwa gestaan het - koelte. Wat ek wel baie goed kan onthou is dat die Perdebye besonders lief was vir die Witgatboom, en minder lief vir diegene wat daar geroer het.
Maar daar is fout - daar staan 'n vreemde motor en nog 'n kontrapsie op ons erf? Versigtig ry ons nader, en my pa doen navraag. Groot was sy verbasing toe hy sien dis Oom Johny - al die pad van Gordonsbaai af. Oom Johny en Tannie Maude, met hulle Valiant bakkie en karavaan. My eerste kennismaking met 'n karavaan, 'n vreemde kontrapsie waarbinne jy kan bly en dit agter jou motor aansleep.
(Foto geleen)
Ek is nie seker wat die konneksie tussen Oom Johny en my pa was nie, en of hy geweet het hulle kom kuier, is ek nie seker van nie. Hulle staan al 'n week daar, die Valiant bakkie onder die Witgatboom en die karavaan in die namiddag skaduwee, langsaan. Vir die ablusie behoeftes het hulle toegang 
deur een van die vensters op die stoep gekry, en so hulle gang gegaan - 5 dae al.

Ons pak af. My ma kyk my pa vreemd aan; waar slaap die mense - in die karavaan sê Oom Johnny. Ons kinders skarrel heen en weer om alles te dra en uit te pak.
Oom Johny roep my pa - hy het vir hom darem 'n bietjie wyn saamgebring, vir die verblyf, hy het mos 'n KWV kwota. Dis reg so, reken my pa. Die laaibak van die Valiant is soos die weduwee se kruik - boks na boks kom te voorskyn onder die seiltjie uit. Na 'n menigte bokse, wyer as wat ek kan lê en hoër as wat ek kan staan, keer my pa – “oom hoef nie al jou wyn vir my te gee nie.” Oom Johny kyk hom geskok aan, “nee man, moenie bekommer nie - ek het nog my eie ook, dis in die karavaan.”  Oom Johny en Tannie Maude is net na Kersfees daar weg, suid, Gordonsbaai toe.


Nuwejaar - my pa besluit om die boere rondom ons te nooi vir vieringe, ons het mos oom Johnny se KWV kwota, voldoende. Braai gaan ons braai, en wyn gaan daar gedrink word.  Die genooides daag op, wyn word oopgemaak en ek braai skaaptjops en wors - op hardekool kole met 'n toeklaprooster. Ma het die slaai aanmekaargeslaan, gaste het bykosse gebring, pap en sous word gemaak - die tafel kreun van doodgewone Kalahari gasvryheid. Die gees is goed.
My ma herwaardeer die gebruik van haar beste eetgerei - dit word verander na papierborde in gevlegde grasmandjies. 
Daar word geeët en gekuier, een van die ooms het sy kierrie verloor - die kwota wyn het sy pyn weggeneem. Ek kyk grootoog na die aapstreke van groot mense op wyn.

“Kom help opruim”, kommandeer ma, geen argument nie. Ek stop by oom Dieter, tel die papierbord op - net die rand van die bord is oor, die binnekant van die bord is saam met die vleis, pap en sous opge-eet!
Verbaas sê oom Dieter; "my herre Rinatjie, g'n wonder die vleis was so taai nie."
Die wyn het sy werk gedoen.  KWV verrig wonderwerke!
Vandag verstaan ek!
MooiLoop

(Nota: Vandag se fotos is geleen ter illustrasie)

Tuesday, 28 April 2020

Listen with your Eyes.




We don't listen, we hear - and then we continue on our way, not understanding the fuss.
To listen is a gift, to not listen is to squander the opportunity of learning.
To sincerely listen to another, is the highest form of respect.  To listen with everything you have leads to understanding beyond the words said.




A little girl came home from school with a drawing she'd made in class.  She danced into the kitchen, where her mother was preparing dinner.
"Mom, guess what?" she squealed, waving the drawing.
Her mother never looked up.
"What?" she said, tending to the pots.
"Guess what?" the child repeated, waving the drawing.
"What?" the mother said, tending to the plates.
"Mom, you're not listening."
"Sweetie, yes I am."
"Mom", the child said, "you're not listening with your eyes."
(From Have a Little Faith. From a Sermon by the Reb, 1958. Mitch Albom.)



Thursday, 16 April 2020

Dag 22: Konsolideer en Neem Beheer - 21 Dae van Leer


Daar is derduisende aanhalings oor hoe belangrik dit is om beheer van jou lewe te neem.  Om 'n “grip” te kry op jou lewe.  Om jouself reg te ruk. 

Dit is gewoonlik baie makliker gesê as gedoen.

Gewoonlik is daar ook baie min empatie wat saam met hierdie stellings gaan.

Maar dit is moontlik om beheer oor jou lewe te kry - jy hoef nie 'n drenkeling in die groot blou see te wees nie, jy hoef nie deur elke golf omgeslaan te word nie.

Hoe dan? Begin klein - gebruik prosesse soos hierdie om daardie goed wat jy kan beheer, en daarom kan verander, te identifiseer. Net eers dit. 

Dan besluit jy op wat is die belangrikste area waaroor jy beheer moet kry - bedink dit behoorlik en besluit dan op stappe (maak 'n plan).  Indien die area baie kompleks is en baie tyd en energie gaan verg, kies dan ook 'n area wat relatief maklik verander kan word - sodat jy ook sukses op die veranderingspad kan ervaar.  Dit is belangrik vir motivering.  



En dan pak jy die areas een vir een aan, skil dit af soos 'n ui. Trane gaan daar wees, maar uiteindelik is die resultaat goed.

Een ding op 'n slag, tree vir tree, herstel jouself - neem beheer van dit wat jy kan beheer, en laat die res by jou verbygaan. 

Kry hulp en aanvaar hulp.

En vier jou oorwinnings – dis belangrik.  Jy is dit aan jouself verskuldig.

Stuur my 'n epos @ brightideacoaching@gmail.com - jy is welkom! :-) 






Wednesday, 15 April 2020

Dag 21: Neem 'n Selfie - 21 Dae van Leer

Die Latynse woord "Compassio" word deernis in Afrikaans, of compassion in Engels.

Dit dui op die gevoel wat 'n persoon het wanneer hy/sy identifiseer met die lyding van 'n ander persoon - selfs hartseer ervaar as gevolg daarvan,  en 'n sagtheid openbaar jeens die persoon.  Dit is wat ons mens maak.

Maar dit is ook belangrik dat ons na onsself met deernis sal kyk, met sagte oe - want ons ervaar ook lyding op ons lewenspaaie.  Ons moet leer om meer verdraagsaam met onsself te wees.

Dit maak nie saak wat ander van ons dink nie - wat ons weet is belangriker.  Be nice!

Wanneer laas het jy met deernis na jouself gekyk? Neem 'n selfie - en kyk!



Tuesday, 14 April 2020

Dag 20: Konflik in jou Lewe? - 21 Dae van Leer.


Daar is verskeie “turn around” of waterskeiding oomblikke in mens se lewe – dit is gewoonlik geskoei op ‘n lewensveranderende besluit wat jy neem.  

Oomblikke soos daardie het gewoonlik verrykende gevolge – soos om ongevraagde gedrag te begin aanpas.

Konflik is gewoonlik as gevolg van teenstrydige verwagtinge, vereistes, gewoontes en waardes.  Konflik kan ontstaan as gevolg van een party wat nie die ander se standpunt kan of wil insien nie (hardkoppigheid en ego) – en ‘n negatiewe situasie ontstaan wat vriendskappe en verhoudinge totaal kan vernietig.

‘n Houdingsverandering kan besonders waardevol wees – soos ‘n goeie vriend my lank terug geleer het.  Hy het besonders goed gevaar in die wêreld van skopboks en vol kontak karate – hy hoef nie terug te staan vir enigiemand in terme van konflik nie.  

Maar tog was sy filosofie – “In matters of style, go with the flow.  In matters of principle, stand like a rock.” 

Moenie energie mors op konflik wat nie waarde tot jou lewe toevoeg nie – want dit maak nie saak nie.