Ek is by die werk. Dis 'n heerlike somersoggend met wolke in die lug en 'n belofte van reen later vanmiddag. Ek kan nie anders as om my te verwonder oor hoe groot God se skepping is nie! Maar ek moet daarna kyk deur tralies, deur palisades met skerp punte op; om skelms uit te hou, om ons veilig te hou deur ons gevange te hou, deur ons toe te sluit.
En die skelms, wat ons vreugde en vryheid steel, hulle loop los buite rond. Hulle is vry om te maak soos hulle wil. Hulle steel nie net ons vryheid nie, maar ook ons vrede en vreugde. Hulle hou ons gevange in 'n kou.
Ek kyk na buite - deur doringdraad en diefwering. Ek is 'n gevangene vir my eie veiligheid; my maatreels om veilig te wees versmoor my siel.
No comments:
Post a Comment