Friday, 4 November 2016

Verlies

Verlies – ‘n nare woord. Gaan gewoonlik met hartseer of spyt gepaard.
Dit impliseer dat jy iets verloor het wat jy gehad het.
Nog ‘n briefie kom vanoggend verby – nog iemand wat ek ken het aanbeweeg.  Sy het iewers in die gang af gewerk, ons het gegroet en soms bietjie twak gepraat. Dis verby.
My dogter ry more saam met vriende om ‘n doop by te woon, iewers in die platteland, 2 ure ver.  Sy moet saam met iemand ry anders gaan sy nie. Ek sukkel om te glo dat my dogter veilig sal wees as daar iets langs die pad gebeur. Verlies.
Die staatspresident het al sy kredietwaardigheid verloor.  Ander het hulle waardigheid verloor – hulle huil op die TV wanneer hulle vertel dat hulle by ‘n shebeen gaan kuier het, wat toevallig naby die Guptas se huis is.  Die omie langs die pad vanoggend het sy lus vir die lewe verloor – waar is sy kinders? Waar is sy familie? Het hulle hom ook langs die pad verloor.
Ek het my respek verloor – vir leiers wat nie leiers is nie. Vir mense wat politieke korrektheid belangriker ag as die waarheid.  Waar reg net bestaan vir die wat in posisies sit, waar mense dronk is van mag – en so hulle menswees verloor.
Tog – op fb is daar ‘n post waar ‘n ma vra dat mense asseblief nie vir haar seun wat by verkeersligte bedel, geld gee nie.  Sy heg ‘n foto aan.  Die geld gaan vir sy dwelmbehoefte.  Sy het nie haar liefde vir haar seun verloor nie.  
Stop by die verkeerslig vanmore – knoop ‘n gesprek aan met die venster-tot-venster verkoopsman.  Hy reken die mense het nie meer kontant nie, daarom verkoop hy nou van hierdie plastiek sakkies waarin jy ‘n kredietkaart kan skuif.  
Hy smile en groet toe ek weer verbykom.  Hy het niks om te verloor nie.
Ons praat by die selgroep oor die moeilikheid in ons land en bedink hoe ons as Christene moet optree.  Dis moeilik. Soms wil ons die manne wat droogmaak gaan afstof, en dan wonder Marius wat sou gebeur as 100 of 200 van ons manne opruk en daar gaan bid, gemoedere kalmeer.  Nuwe prentjie in my kop. 
Ek lees van ‘n paar politici wat gister strate gaan skoonmaak het in Pretoria, nuwe hoop. Alles is nog nie verlore nie.  
Daar is tog goeie mense op alle vlakke en plekke – daar is hoop.  Ek beleef my selgroep – dinge gaan altyd beter verder in die pad af, glo ons.  Wat het ons regtig wat ons kan verloor.
Verlies – jy kan nie iets verloor wat jy nooit gehad het nie. Jy kan nie God aankla as jy nog nooit in Hom geglo het nie. Jy kan nie ‘n geliefde verloor, as jy hom of haar nooit regtig liefgehad het nie.  Jy kan nie oor die gemeenskap kla as jy nog nooit bygedra het nie.  Jy kan nie oor die kerk kla as jy nie bywoon nie.  Jy kan nie oor mense by die werk kla, as jy nie met hulle gepraat het nie.  Jy kan nie kla dat mense jou ignorer, as jy nie deelneem nie.  Jy kan nie kla oor wetteloosheid as jy self oor die rooi verkeerslig ry nie.  Jy kan nie kla oor egoism as jy nie diensbaar is nie.  Jy kan nie oor enigiets kla as jy nie ten minste daar is/was nie.  Alles gaan nie oor jou nie.
Jy kan nie jou lewe verloor as jy nog net bestaan het nie.  Lewe ‘n bietjie.  Verlies sal daar altyd wees, maar aan die einde van hierdie lewe wen ons weer alles. 

Reis veilig Ilke.  MooiLoop kollega. Hamba kahle!

Sunday, 25 September 2016

Verduidelikings?

Die afgelope paar weke het siekte en dood nogal sy draai in my omgewing gemaak.
So het genade en uitkoms en hoop ook sy deel gedoen.
Gister het ons kermis by die kerk gehad, met speletjies en 'n vleistafel en skyfskiet.
Ons het afgesluit met 'n wynveiling en 'n show.
Frank Opperman met "Die Hond".
Grappig en hartseer. Baie goed.
Frank vra die vraag "weet jy hoe dit voel"?
Baie antwoord met betaande oë. Hulle weet.
Ons pak op en gaan huistoe, pak af!
En ek besef - vir 'n gelowige is geen verduideliking nodig nie, vir 'n ongelowige is geen verdeuideliking moontlik nie.

Tuesday, 13 September 2016

Hearts of Stone

The Godfather, Part III: "when the Godfather, Don Corleone, is forced to visit the distinguished Cardinal Lamberto to tell him the bad news that a legitimate business deal involving the Vatican Bank has gone bad. The bank is run by the Archbishop and a coalition of Catholic businessmen. 

"The Cardinal listens to the Godfather; then he says something quite profound. He picks up a stone and says, 'Look at this stone. It has been lying in the water for a very long time. The water has not penetrated it.' Then he smashes the stone. 'Look,' he says peering at the smashed insides of the stone, 'perfectly dry. The same thing,' the Cardinal continues, 'has happened to men in Europe. They have been surrounded by Christianity for centuries, but Christ does not live in their hearts.' 


In this country of ours, did anything really change?

(Source: Rev. Jef Olson, "Reassessment of Ministry")

Tuesday, 6 September 2016

Wat het ek vandag geleer?

In die afgelope paar weke het ek die volgende beleef:

  • 'n Vriendin word gediagnoseer met kanker en 'n enorme gewas in die maag. Die operasie is gedoen en nou begin die res van die proses.
  • Ek loop 'n kennis raak na baie jare. Jy is darem erg maar sê ek, oefen jy, dieet jy of is jy siek vra ek. Lanklaas gesien. Kanker sê hy, hy is klaar met die behandeling en reeds 8kg swaarder.
  • 'n Familielid neem sy lewe, depressie!
  • Kry 'n kollega in trane vanmiddag, sy het 'n gewas in die maag na 'n motorongeluk. Sy wag om te hoor wat is die opsies en is bang. Ek praat haar moed in. Dit help 'n  bietjie.
Ek ry huistoe op my motorfiets, 'n patatbrein wissel bane sonder om te kyk. Daar is 'n boodskap op sy selfoon.
Ek leer, die lewe is kort, moenie wag om lief te hê nie.
More is 'n herderskim wat heelwaarskynlik vol spyt is, as ons nie nou lewe nie.
Hou op om selfsugtig te wees, dit gaan nie oor jou nie.
Be nice, almal is besig met 'n geveg waarvan jy niks weet nie.

Friday, 29 January 2016

How do we Change our Current State of the Nation (and World)?

Reading the papers, watching the news and engaging in discussions normally leads to a disheartening feeling of "we had it"!  This very morning someone mentioned that there are already so many signs of the end times - TRUE.
We, however, know that these dark times are not unique and that "civilisation" went through various cycles of good and bad.
Do I ignore the fact that we, as a nation is in deep trouble; no, not at all.  I, as a person resent most of our leaders today, as I believe that the vast majority of them is in this to gain and/or maintain power, with no two thoughts on the effect that they have or the effect of what they say; and from there it is all about taking what they want.
This is where the age old question is important; what are we (starting with myself) going to do about it?
How are we going to change the current culture of hatred, entitlement and self importance to a culture of mutual respect and dignity?
I'm sorry to say, but there is no political way out.  Most of our leaders and politicians count under the most corrupt and criminal, with a justice system that protect the criminal, and criminalize the "law abiding citizen". 
From where I'm standing the only way we are going to change things is to change the way people think.  
We need a change of heart.  We need to belief differently!
Our hearts need to submit to God - and there is no time left.
We need to replace our self-serving leaders with God fearing / loving leaders.
We need to become God fearing again!
Then things will change - we will act differently, because we think differently, and therefore we will have a different future.
Change starts from the inside!  One person at a time - starting with you and me!


Monday, 15 June 2015

Do what you do Right.

The USS Astoria (C-34) was the first U.S. cruiser to engage the Japanese during the Battle of Savo Island, a night action fought 8-9 August 1942. Although she scored two hits on the Imperial flagship Chokai, the Astoria was badly damaged and sank shortly after noon, 9 August.

About 0200 hours a young midwesterner, Signalman 3rd Class Elgin Staples, was swept overboard by the blast when the Astoria's number one eight-inch gun turret exploded. Wounded in both legs by shrapnel and in semi-shock, he was kept afloat by a narrow life belt that he managed to activate with a simple trigger mechanism.

At around 0600 hours, Staples was rescued by a passing destroyer and returned to the Astoria, whose captain was attempting to save the cruiser by beaching her. The effort failed, and Staples, still wearing the same life belt, found himself back in the water. He was picked up again, this time by the USS President Jackson (AP-37), he was one of 500 survivors of the battle who were evacuated to Noumea.

On board the transport, Staples, for the first time, closely examined the life belt that had served him so well. It had been manufactured by Firestone Tire and Rubber Company of Akron, Ohio, and bore a registration number.

Given home leave Staples told his story and asked his mother, who worked for Firestone, about the purpose of the number on the belt. She replied that the company insisted on personal responsibility for the war effort, and that the number was unique and assigned to only one inspector. Staples remembered everything about the lifebelt, and quoted the number. It was his mother's personal code and affixed to every item she was responsible for approving.


When we always do what is right, the person we help the most in many ways is most likely to be our own self and that of our loved ones.

Do what you do Right. (Commander Eric J. Berryman.)

Monday, 1 June 2015

Kan Ek Hierdie Dans Kry? ‘n Analogie…

Toe ek heelwat jonger was, op die platteland, het ons graag gaan dans.  Dit was ‘n jolige, stowwerige en senutergende affere.
Dit was gewoonlik in die boeresaal of die stadsaal of skuur, maak nie saak waar nie, solank daar genoeg plat plek was om meel te strooi sodat voete lekker kon gly – ‘n stowwerige maar uitstekende oplossing vir ‘n ongelyke en soms growwe sementvloer.
Langs die muur het die meisies gesit, aangetrek om aandag te trek!  Die (jong)manne het hulself dan redelik strategies geplaas – meestal naby die kroeg – sodat hulle die meisies kon dophou; totdat hulle genoeg moed bymekaar gespkraap het om ‘n meisie te vra vir ‘n dans.
Dit was die toets - om te dans moes jy die moed bymekaarskraap om oor die vloer te stap, ‘n meisie in die oë te kyk, en haar te vra; “wil jy dans” of “kan ek die volgende dans kry”?  Die antwoord was meestal ‘n giggelende blosende afkyk ja of nee. 
Ja - ongelooflike “rush”.  Jy steek jou hand uit, die meisie neem dit, sy kyk jou in die gesig en glimlag (meestal, behalwe as jy ‘n reputasie het vir tonetrap).  Op die ritme van die musiek gee jy een tree vorentoe en sy een agtertoe – in pas, gelyk, georkestreer, sweef julle oor die vloer, draai en swaai; oorbewus van mekaar se teenwoordigheid, hand-op-hand, hand-op-skouer, hand-teen-rug, dalk wang-teen-wang.  En hoe langer julle saamdans hoe meer raak julle een, lees mekaar, verstaan mekaat, pas aan by mekaar, ervaar mekaar, raak opgeslurp in mekaar; een.  En hoe makliker raak dit om te vra – dans met my.  En soms het die meisie gevra; en watter man kan dan nee sê, of sou wou nee sê?
Soms, na die eerste dans, het die behoefte om met daardie spesifieke person te dans, verdamp.  Dan het jy net nie weer gevra nie, of sy het jou vermy.
Nee.  Hoe nou gemaak? Skaapkop, asemnood, breinsonderbloed, sprakeloos.  Jy draai om en stap weg; verloorder.  Maak nie saak hoe sterk jy jou hou of hoe braaf jou reaksie tot jou maters is nie; daardie nee vreet in jou binneste.
Die ergste is geen antwoord nie, wanneer jy moet aanneem dat dit ‘n nee is, sonder om jou poging te erken deur net “nee dankie” te sê.  Daardie stilte is die grootste vernedering; jy is nie eers ‘n antwoord werd nie. Net niks!  Geen reaksie tot die moed wat jy geopenbaar het om jou behoefte (aan ‘n dans) openbaar te maak, niks.
Die moeilikheid het gekom wanneer jy regtig van die meisie gehou het, en jy regtig graag met haar wou dans en jy steek die vloer vir die tweede en derde keer oor – sonder sukses; dan moet jy maar jou waardigheid behou en die aftog blaas.  Dalk met jou oë oor die muurblommetjies vee en wonder wie sou met jou wou dans – want die prinses was nie geneë nie.  Of dalk onttrek jy jou, want jy is nie goed genoeg nie; of dalk sien jy nie weer kans vir die vernedering nie en vra net nie weer nie.  Jou ego sien nie kans vir nog ‘n verwerping nie.
Dan (soms) gebeur ‘n wonderwerk, die tweede (of self derde) beste, raak nommer een.  Want sy het ja gesê.  Sy wou met jou dans.  Sy het moeite gedoen om gesien te word – en jy het gesien, magic.  En as julle saam dans, en julle bly nie in oefening nie, dan raak dit weer net so moeilik soos in die begin.  En dis juis hier waar die analogie (‘n storie agter die storie) gebruik kan word om jou toewyding (of commitment) tot ‘n verhouding te toets; enige verhouding – werksverhouding, geestesverhouding, finansiele verhouding, liefdes verhouding; maak nie saak nie, besluit self.
Dit is waar vir alle verhoudings – jy moet moeite doen, jy moet die vloer oorsteek, jy moet die vraag vra; dan moet ‘n antwoord gegee word, met omsigtigheid, want elke antwoord het ‘n impak; positief of negatief – jou antwoord breek af of bou op.  En as die “magic” verby is begin die werk.  Die dissipline om te reageer soos in die begin.  Die liefde om aan te hou gee wanneer die fonk nie meer so sterk is nie, en so ‘n nuwe fonk skep.  Die insig om te verstaan dat, alhoewel jy nie meer in ekstase is nie, dit nie noodwendig waar is vir die ander een nie.  Die wete dat daar meer vreugde in gee is, as om te ontvang.  Die waarde daarvan om te weet dat jou gee ander tot vreugde stem, en dan nog te gee.  Dat jou doel in die verhouding raak om ‘n ander te behaag, tot vreugde te stem, behoeftes te bevredig – ongeag hoe jy voel, ongeag wat jy wil, ongeag.  Wanneer gee en neem, een word!  Dis wanneer ‘n verhouding werk, wanneer my en jou behoeftes in ‘n groter geheel een word, en dit ons s’n word. 
Dan wag jy vir die vraag “kan ek hierdie dans kry”, en soms dans jy sonder dat die vraag gevra hoef te word, want jy weet die behoefte is daar, selfloos.

“Wil jy dans, my skat?”  Ek dag jy vra nooit ……