Ons het vanaand 'n Adoramus diens gehad - nagmaal in stilte.
Ons kerk was besonders vol - ons is in
rou.
Ons huil. Ons verstaan nie.
Hoe gebeur slegte goed, sulke slegte
goed met goeie mense.
Jan en Helmie het 'n dogter en kleindogter verloor
- dood in 'n onverstaanbare motorongeluk.
Christo het sy vrou en dogter verloor - op Sondag.
Annelize het 'n skoondogter en kleinkind verloor -
dood in 'n oogwink.
Soveel smart in ‘n oogwink.
Hulle lewens het nog nie eers behoorlik
spoed opgetel nie - hulle kon nog so baie gedoen het; verskil gemaak
het.
Ons kerk familie is in rou - oor goeie
mense wat swaarkry.
Ons kerk familie is geskok - oor die
onverstaanbaarheid van wat gebeur het.
Ons kerk familie vat hande - niks wat
ons kan sê maak 'n verskil nie; maar ons is daar. Ons kan help om
die las te dra. Ons weet nie hoe nie, maar ons is daar.
Ons oë brand.
Ons sit in stilte.
Van ons bid – ander huil.
Ons verstaan nie.
Hulle kerse is uitgedoof.
Hulle kerse is uitgedoof.
Ek sien weer vir oom Roelof wat op 82
sy dogter van 54 moes begrawe. Hy het voor in sy tuin
gestaan. Op sy kierie geleun. Na die rose gekyk waarop hy
so trots was. Toe na my gekyk en gesê: “ouers is nie gemaak om hulle kinders te
begrawe nie.” Hy het gebewe toe hy terugloop huistoe.
Ons harte is stukkend vir julle
verlies.
Ek bid vir julle die priesterlike seën
toe (Num 6:24) – vry vertaal, soos ek dit onthou:
The Lord bless you and keep you.
The Lord makes His face shine upon you, and be
gracious to you.
The Lord turns His face towards you and give you
peace.
Wysheid is om te waardeer wat jy het –
terwyl jy dit het.
Vrede.
No comments:
Post a Comment