Komplimente en fotos vertel jou iets van jouself.
Moet dit nie weerstaan nie - dis voedsel vir die siel, as dit nie alreeds is nie, dan beslis later.
Komplimenteer iemand vandag.
Komplimenteer jouself vandag en more - elke dag.
Tuesday, 31 March 2020
Monday, 30 March 2020
Dag 5: Dag van Vergifnis - 21 Dae van Groei
Sunday, 29 March 2020
Dag 4: Wat het ek Regtig Nodig - 21 Dae van Groei
In 'n tyd waar ons gedwing word om tyd tuis te spandeer en nie agter allerhande aktiwiteite aan te hardloop nie, waar ons gedwing word om in dieselfde mense se gesigte vas te kyk, dieselfde plek, waar tyd ewe skielik jou vyand kan raak - kan ons kies om te verstaan wat die verskil tussen jou behoeftes en begeertes is, en hoe dit jou lewe vorentoe kan verander.
Gebruik die tyd vrugbaar.
Gebruik die tyd vrugbaar.
Saturday, 28 March 2020
Dag 3: Die Taal van Stilte - 21 Dae van Groei
Wanneer jy praat herhaal jy dit wat jy reeds weet.
Om te leer moet jy stil bly en luister.
Stilte is skrikwekkend - dit stroop jou van alle verdedigingmeganismes.
Stilte lei jou na rou eerlikheid - naaktheid voor jouself en God.
En ons hou nie daarvan nie.
Daarom kruip ons weg agter besig wees en geraas - om nie innerlike self of die stem van God te hoor nie.
Leer om stil te raak ....
Dag 2: Plekkie in die Son - 21 Dae van Groei
Friday, 27 March 2020
Dag 1: "Go Inside", Laat die Reis Begin - 21 Dae van Groei
Thursday, 26 March 2020
Afsondering - 21 Dae van Groei
Groei is die essensie van die lewe, die oomblik as jy stagneer het geestelike dood
begin intree.
Groei is gebou op die beginsel van verandering,
en verandering is meestal net moontlik indien daar iewers ‘n pynpunt is.
Die huidige situasie waar ons tuis moet bly om die gevaar van die Covid-19
virus te ontsnap, bied ‘n ongelooflike geleentheid om die tyd wat ons het, kreatief
te gebruik om te groei.
Oor die volgende 21 dae sal ek vir julle ‘n gestruktureerde
program aanbied wat die komponente van oordink, voel en doen insluit. Hiervan moet jy dan notas in 'n joernaal of dagboek maak - 'n skryfblok sal ook werk.
Dit sal dan aan die einde opgesom word en sy eie storie vertel.
Sonder twyfel sal dit by jou verskillende
fasette van groei tot gevolg hê.
Maar genoeg gepraat – maak jou joernaal reg en daag op vir
die reis.
Uitnodiging:
- Kry of maak vir jou ‘n joernaal of dagboek waarin jy elke dag aantekeninge kan maak.
- Kry elke dag se aktiwiteit op fb of JohanFilosoof (https://johanfilosoof.blogspot.com/2020/03/afsondering-21-dae-van-groei.html). Ek sal elke oggend die dag se aktiwiteite post.
- Doen die aktiwiteite met oorleg, jy het die tyd.
- Dag 21 – doen opsomming van jou leerpunte en beplan die pad vorentoe.
Ek is sommer opgewonde!
Monday, 9 March 2020
Finale Boodskap
Woon vandag Marike se begrafnis by.
Die normale groet en hartseer is daar.
Anria speel klavier, vergesel met 'n viool -
met Marike se voorkeur musiek.
Christo praat en deel sy liefde vir sy vrou en
Ida - en wys 'n video die kleintjie wat borrel en lag - in haar ma en pa se
teenwoordigheid.
Fotos word gewys, vergesel met klaviermusiek.
Liefde straal uit die fotos, geluk,
afwagting. Wat my opval is die oopmond,
lekker lag van Marike - die lewe is goed.
Jan praat - hy vertel van die pad met Marnus
en reik sy hand uit na Christo; 'n hand en hart wat reeds die pad gestap
het.
Hy verklaar sy geloof - onwrikbaar in wat hy
glo - God, Vader, Seun en Gees, vrede wat niemand verstaan nie, liefde in tye
van nood en dood. Die yspik bergklim, een kappie op 'n slag, die lang pad van
herstel. Die noodsaaklikheid om te
besluit - 'n besluit om te heel, om nie in die donker te bly nie, maar die pad
van lig en lewe te stap.
Hy is dankbaar vir die geloofsgemeenskap
rondom hulle, en vriende, en kollegas - Afrikaans en Engels.
Fotos word gewys - herinnering word gedeel.
Ons eet versnapperinge, verskaf deur die
susters, ons groet ou bekendes en kinders wat nou ewe skielik grootmense is -
met vrouens en kinders.
Ek moet gaan - die soutmyn wag. Daar is 'n dokument om klaar geskryf te word.
Niks staan stil nie.
Ek wonder ongevraagd - ek wonder of ons reg
is - ek wonder wanneer ek my laaste paragraaf gaan skryf, my laaste foto gaan
neem. En wanneer dit gebeur, mag dit
woorde wees wat God verheerlik, mag dit 'n foto wees wat die Woord se skepping
sal eer.
En wanneer my beurt kom, mag ek net so sterk
wees soos Jan en sy familie, nog steeds net so onwrikbaar glo in die liefde van
God.
Shalom.
Saturday, 7 March 2020
Freddy van Queen - en Moeilike Tye
Ek kan nie sing nie.
Dalk, as die note hier iewers in die middel is en dit gaan nie te veel op en af nie - klink ek nie sleg nie. Dink ek.
Ek hou van sing - maar omdat ek myself nie kan uitgee as 'n sanger nie - doen ek dit maar onderlangs. Maar dit lyk ook, soms, verdag; hier sit 'n uitgegroeide man, met 'n bles en grys hare, met drade wat uit sy ore hang, en skud sy kop, mompel, trek sy gesig (om die hoë note by te kom - dis moeilik, al sing jy vir jouself), maak 'n paar armbewegings (lyk dalk soos iemand wat 'n toeval kry), en as jy sy aandag getrek kry, het hy dalk trane in sy oë.
Wat luister jy? Taize - die reaksie is gewoonlik "huh" (OK, meditatiewe musiek - self ek kan dit sing, soms). Of .. Freddy - wie? Mercury, Queen, domkop; het jy geen kultuur nie?
Gisteroggend "sit" ons - klein groepie mediteerders. Elke Vrydag, 06h00, wanneer die son sy gesig wys, in stilte - maak ons ons gedagtes stil en ons siele oop vir die stem van die Heilige Gees.
Jy kan net leer as jy stilbly - as jy praat herhaal jy net wat jy reeds weet.
Ons stap uit en die oggendson verwelkom ons - en ek weet, dit is 'n pragtige dag, ongeag.
Vandag het sy eie uitdagings. More is naweek. Maandag het ons begrafnis, Marike en Adriana, dis nie my kinders nie, maar dis my mense - my vriende se kinders. Onnodig. Hartseer.
En tog - Freddy (van Queen natuurlik) se lied bly in my kop. Hy het dit geskryf toe hy al baie siek met AIDS was - hy het geweet sy tyd is verby. Hy sing -
It's a beautiful day
The sun is shining
I feel good, I feel right
And no one is gonna stop me now ....
Sometimes I feel so sad, so bad,
But no one is gonna stop me now ...
Jan, Helmie en Christo - julle harte is stukkend en seer, maar die son bly skyn, vandag en more, ongeag.
En Freddy sing weer vir my "it is a beautiful day", net soos hy kan - en ek kan nog steeds nie bykom nie.
Vrede vir julle.

Tuesday, 3 March 2020
Ouers is nie gemaak om hulle kinders te begrawe nie!
Ons het vanaand 'n Adoramus diens gehad - nagmaal in stilte.
Ons kerk was besonders vol - ons is in
rou.
Ons huil. Ons verstaan nie.
Hoe gebeur slegte goed, sulke slegte
goed met goeie mense.
Jan en Helmie het 'n dogter en kleindogter verloor
- dood in 'n onverstaanbare motorongeluk.
Christo het sy vrou en dogter verloor - op Sondag.
Annelize het 'n skoondogter en kleinkind verloor -
dood in 'n oogwink.
Soveel smart in ‘n oogwink.
Hulle lewens het nog nie eers behoorlik
spoed opgetel nie - hulle kon nog so baie gedoen het; verskil gemaak
het.
Ons kerk familie is in rou - oor goeie
mense wat swaarkry.
Ons kerk familie is geskok - oor die
onverstaanbaarheid van wat gebeur het.
Ons kerk familie vat hande - niks wat
ons kan sê maak 'n verskil nie; maar ons is daar. Ons kan help om
die las te dra. Ons weet nie hoe nie, maar ons is daar.
Ons oë brand.
Ons sit in stilte.
Van ons bid – ander huil.
Ons verstaan nie.
Hulle kerse is uitgedoof.
Hulle kerse is uitgedoof.
Ek sien weer vir oom Roelof wat op 82
sy dogter van 54 moes begrawe. Hy het voor in sy tuin
gestaan. Op sy kierie geleun. Na die rose gekyk waarop hy
so trots was. Toe na my gekyk en gesê: “ouers is nie gemaak om hulle kinders te
begrawe nie.” Hy het gebewe toe hy terugloop huistoe.
Ons harte is stukkend vir julle
verlies.
Ek bid vir julle die priesterlike seën
toe (Num 6:24) – vry vertaal, soos ek dit onthou:
The Lord bless you and keep you.
The Lord makes His face shine upon you, and be
gracious to you.
The Lord turns His face towards you and give you
peace.
Wysheid is om te waardeer wat jy het –
terwyl jy dit het.
Vrede.
Subscribe to:
Posts (Atom)