Pitsere, het my ma gesê, kry jy wanneer jou bloed vuil is.
Om jou bloed skoon te kry, moet jy jou sisteem skoonkry. Om jou sisteem skoon te kry moet jy Engelse Sout gebruik (dis nou as ek reg
kan onthou). Dan kan jy hulle uittrek deur 'n glasbottel wat warm gemaak is, daaroor te druk. 'n Vakuum word in die bottel gevorm en suig die pit uit. Morsig. Vrek seer.
Soms, as jy een van die ongelukkiges is, kry jy ‘n “sewe kop pitseer”.
Logies, dis wanneer daar sewe pitte in een
seer is. Nagmerrie. En hulle moet almal uit.
Deur een gat. Een na die ander.
Een op ‘n slag.
Dan moet die wond van binne gesond word!
As jy kyk die aanstellings wat die ANC regering nou weer
gemaak het is dit duidelik dat hulle nie die sisteem skoon kry nie. Cyril sout lyk my is nie sterk genoeg
nie – want dieselfde koppe kom weer tevoorskyn, net op ander plekke.
En die vorige wonde is nog nie eers gesond nie!
Yep. Dis die problem met demokrasie. Die een se foute word n ander se problem en daar is geen aanspreklikheid nie. Politiek is belangriker as "governance" vir die bestuur.
ReplyDelete