Thursday, 1 May 2014

Hoekom Johan Filosoof?  My kinders se ek dink te veel, my kollegas se ek maak dit moeilik, gespreksgenote se "dis interresant"!  Die punt is, as jy nie dink nie, gaan jy enige bol twak sluk vir die waarheid - kyk nou maar weer wat is aan die gebeur met die verkiesing; politici lieg oop-en-bloot om jou steun te kry en baie van ons val daarvoor.  Dit bring my by lees, as jy nie lees nie, vedoem jy jouself tot onsinnige besluite en gesprekke.  Ons moet op hoogte van sake bly, anders het jy niks diepte in jou redenasies nie.  Dit is soos wanneer iemand "hulle se" in hulle argumente gebruik - wie is "hulle"?

My eerste gesegde vir hierdie blog: "Indien jy nie die koerante lees nie, is jy oningelig.  Indien jy wel die koerante lees, is jy waningelig."  

Ons is besig om hierdie verkiesing met 'n groot spoed te nader - wees ingelig, kies versigtig!  Hierdie is waarskynlik die belangrikste verkiesing van ons land!

MooiLoop!

No comments:

Post a Comment