Die afgelope paar weke het siekte en dood nogal sy draai in my omgewing gemaak.
So het genade en uitkoms en hoop ook sy deel gedoen.
Gister het ons kermis by die kerk gehad, met speletjies en 'n vleistafel en skyfskiet.
Ons het afgesluit met 'n wynveiling en 'n show.
Frank Opperman met "Die Hond".
Grappig en hartseer. Baie goed.
Frank vra die vraag "weet jy hoe dit voel"?
Baie antwoord met betaande oë. Hulle weet.
Ons pak op en gaan huistoe, pak af!
En ek besef - vir 'n gelowige is geen verduideliking nodig nie, vir 'n ongelowige is geen verdeuideliking moontlik nie.
Sunday, 25 September 2016
Tuesday, 13 September 2016
Hearts of Stone
The Godfather, Part III: "when the
Godfather, Don Corleone, is forced to visit the distinguished Cardinal Lamberto
to tell him the bad news that a legitimate business deal involving the Vatican
Bank has gone bad. The bank is run by the Archbishop and a coalition of Catholic
businessmen.
"The Cardinal listens to the Godfather; then he says something quite profound. He picks up a stone and says, 'Look at this stone. It has been lying in the water for a very long time. The water has not penetrated it.' Then he smashes the stone. 'Look,' he says peering at the smashed insides of the stone, 'perfectly dry. The same thing,' the Cardinal continues, 'has happened to men in Europe. They have been surrounded by Christianity for centuries, but Christ does not live in their hearts.'
In
this country of ours, did anything really change?
(Source: Rev. Jef Olson, "Reassessment of
Ministry")
Tuesday, 6 September 2016
Wat het ek vandag geleer?
In die afgelope paar weke het ek die volgende beleef:
- 'n Vriendin word gediagnoseer met kanker en 'n enorme gewas in die maag. Die operasie is gedoen en nou begin die res van die proses.
- Ek loop 'n kennis raak na baie jare. Jy is darem erg maar sê ek, oefen jy, dieet jy of is jy siek vra ek. Lanklaas gesien. Kanker sê hy, hy is klaar met die behandeling en reeds 8kg swaarder.
- 'n Familielid neem sy lewe, depressie!
- Kry 'n kollega in trane vanmiddag, sy het 'n gewas in die maag na 'n motorongeluk. Sy wag om te hoor wat is die opsies en is bang. Ek praat haar moed in. Dit help 'n bietjie.
Ek ry huistoe op my motorfiets, 'n patatbrein wissel bane sonder om te kyk. Daar is 'n boodskap op sy selfoon.
Ek leer, die lewe is kort, moenie wag om lief te hê nie.
More is 'n herderskim wat heelwaarskynlik vol spyt is, as ons nie nou lewe nie.
Hou op om selfsugtig te wees, dit gaan nie oor jou nie.
More is 'n herderskim wat heelwaarskynlik vol spyt is, as ons nie nou lewe nie.
Hou op om selfsugtig te wees, dit gaan nie oor jou nie.
Be nice, almal is besig met 'n geveg waarvan jy niks weet nie.
Friday, 29 January 2016
How do we Change our Current State of the Nation (and World)?
Reading the papers, watching the news and engaging in discussions normally leads to a disheartening feeling of "we had it"! This very morning someone mentioned that there are already so many signs of the end times - TRUE.
We, however, know that these dark times are not unique and that "civilisation" went through various cycles of good and bad.
Do I ignore the fact that we, as a nation is in deep trouble; no, not at all. I, as a person resent most of our leaders today, as I believe that the vast majority of them is in this to gain and/or maintain power, with no two thoughts on the effect that they have or the effect of what they say; and from there it is all about taking what they want.
This is where the age old question is important; what are we (starting with myself) going to do about it?
How are we going to change the current culture of hatred, entitlement and self importance to a culture of mutual respect and dignity?
I'm sorry to say, but there is no political way out. Most of our leaders and politicians count under the most corrupt and criminal, with a justice system that protect the criminal, and criminalize the "law abiding citizen".
From where I'm standing the only way we are going to change things is to change the way people think.
We need a change of heart. We need to belief differently!
Our hearts need to submit to God - and there is no time left.
We need to replace our self-serving leaders with God fearing / loving leaders.
We need to become God fearing again!
Then things will change - we will act differently, because we think differently, and therefore we will have a different future.
Change starts from the inside! One person at a time - starting with you and me!
We, however, know that these dark times are not unique and that "civilisation" went through various cycles of good and bad.
Do I ignore the fact that we, as a nation is in deep trouble; no, not at all. I, as a person resent most of our leaders today, as I believe that the vast majority of them is in this to gain and/or maintain power, with no two thoughts on the effect that they have or the effect of what they say; and from there it is all about taking what they want.
This is where the age old question is important; what are we (starting with myself) going to do about it?
How are we going to change the current culture of hatred, entitlement and self importance to a culture of mutual respect and dignity?
I'm sorry to say, but there is no political way out. Most of our leaders and politicians count under the most corrupt and criminal, with a justice system that protect the criminal, and criminalize the "law abiding citizen".
From where I'm standing the only way we are going to change things is to change the way people think.
We need a change of heart. We need to belief differently!
Our hearts need to submit to God - and there is no time left.
We need to replace our self-serving leaders with God fearing / loving leaders.
We need to become God fearing again!
Then things will change - we will act differently, because we think differently, and therefore we will have a different future.
Change starts from the inside! One person at a time - starting with you and me!
Monday, 15 June 2015
Do what you do Right.
The USS Astoria (C-34) was the first U.S. cruiser to engage the Japanese during
the Battle of Savo Island, a night action fought 8-9 August 1942. Although she
scored two hits on the Imperial flagship Chokai, the Astoria was badly damaged
and sank shortly after noon, 9 August.
About 0200
hours a young midwesterner, Signalman 3rd Class Elgin Staples, was swept
overboard by the blast when the Astoria's number one eight-inch gun turret
exploded. Wounded in both legs by shrapnel and in semi-shock, he was kept
afloat by a narrow life belt that he managed to activate with a simple trigger
mechanism.
At around 0600
hours, Staples was rescued by a passing destroyer and returned to the Astoria,
whose captain was attempting to save the cruiser by beaching her. The effort
failed, and Staples, still wearing the same life belt, found himself back in
the water. He was picked up again, this time by the USS President Jackson
(AP-37), he was one of 500 survivors of the battle who were evacuated to
Noumea.
On board the
transport, Staples, for the first time, closely examined the life belt that had
served him so well. It had been manufactured by Firestone Tire and Rubber
Company of Akron, Ohio, and bore a registration number.
Given home
leave Staples told his story and asked his mother, who worked for Firestone,
about the purpose of the number on the belt. She replied that the company
insisted on personal responsibility for the war effort, and that the number was
unique and assigned to only one inspector. Staples remembered everything about
the lifebelt, and quoted the number. It was his mother's personal code and
affixed to every item she was responsible for approving.
When we always
do what is right, the person we help the most in many ways is most likely to be
our own self and that of our loved ones.
Do what you do Right. (Commander Eric J. Berryman.)
Monday, 1 June 2015
Kan Ek Hierdie Dans Kry? ‘n Analogie…
Toe ek heelwat jonger was, op die
platteland, het ons graag gaan dans. Dit
was ‘n jolige, stowwerige en senutergende affere.
Dit was gewoonlik in die
boeresaal of die stadsaal of skuur, maak nie saak waar nie, solank daar genoeg
plat plek was om meel te strooi sodat voete lekker kon gly – ‘n stowwerige maar
uitstekende oplossing vir ‘n ongelyke en soms growwe sementvloer.
Langs die muur het die meisies
gesit, aangetrek om aandag te trek! Die
(jong)manne het hulself dan redelik strategies geplaas – meestal naby die kroeg –
sodat hulle die meisies kon dophou; totdat hulle genoeg moed bymekaar gespkraap
het om ‘n meisie te vra vir ‘n dans.
Dit was die toets - om te dans
moes jy die moed bymekaarskraap om oor die vloer te stap, ‘n meisie in die oë
te kyk, en haar te vra; “wil jy dans” of “kan ek die volgende dans kry”? Die antwoord was meestal ‘n giggelende
blosende afkyk ja of nee.
Ja - ongelooflike “rush”. Jy steek jou hand uit, die meisie neem dit,
sy kyk jou in die gesig en glimlag (meestal, behalwe as jy ‘n reputasie het vir
tonetrap). Op die ritme van die musiek
gee jy een tree vorentoe en sy een agtertoe – in pas, gelyk, georkestreer,
sweef julle oor die vloer, draai en swaai; oorbewus van mekaar se
teenwoordigheid, hand-op-hand, hand-op-skouer, hand-teen-rug, dalk
wang-teen-wang. En hoe langer julle
saamdans hoe meer raak julle een, lees mekaar, verstaan mekaat, pas aan by
mekaar, ervaar mekaar, raak opgeslurp in mekaar; een. En hoe makliker raak dit om te vra – dans met
my. En soms het die meisie gevra; en
watter man kan dan nee sê, of sou wou nee sê?
Soms, na die eerste dans, het die
behoefte om met daardie spesifieke person te dans, verdamp. Dan het jy net nie weer gevra nie, of sy het
jou vermy.
Nee. Hoe nou gemaak? Skaapkop, asemnood,
breinsonderbloed, sprakeloos. Jy draai
om en stap weg; verloorder. Maak nie
saak hoe sterk jy jou hou of hoe braaf jou reaksie tot jou maters is nie;
daardie nee vreet in jou binneste.
Die ergste is geen antwoord nie,
wanneer jy moet aanneem dat dit ‘n nee is, sonder om jou poging te erken deur
net “nee dankie” te sê. Daardie stilte
is die grootste vernedering; jy is nie eers ‘n antwoord werd nie. Net niks! Geen reaksie tot die moed wat jy geopenbaar
het om jou behoefte (aan ‘n dans) openbaar te maak, niks.
Die moeilikheid het gekom wanneer
jy regtig van die meisie gehou het, en jy regtig graag met haar wou dans en jy
steek die vloer vir die tweede en derde keer oor – sonder sukses; dan moet jy
maar jou waardigheid behou en die aftog blaas.
Dalk met jou oë oor die muurblommetjies vee en wonder wie sou met jou
wou dans – want die prinses was nie geneë nie.
Of dalk onttrek jy jou, want jy is nie goed genoeg nie; of dalk sien jy
nie weer kans vir die vernedering nie en vra net nie weer nie. Jou ego sien nie kans vir nog ‘n verwerping
nie.
Dan (soms) gebeur ‘n wonderwerk,
die tweede (of self derde) beste, raak nommer een. Want sy het ja gesê. Sy wou met jou dans. Sy het moeite gedoen om gesien te word – en
jy het gesien, magic. En as julle saam
dans, en julle bly nie in oefening nie, dan raak dit weer net so moeilik soos in
die begin. En dis juis hier waar die
analogie (‘n storie agter die storie) gebruik kan word om jou toewyding (of
commitment) tot ‘n verhouding te toets; enige verhouding – werksverhouding,
geestesverhouding, finansiele verhouding, liefdes verhouding; maak nie saak
nie, besluit self.
Dit is waar vir alle verhoudings
– jy moet moeite doen, jy moet die vloer oorsteek, jy moet die vraag vra; dan
moet ‘n antwoord gegee word, met omsigtigheid, want elke antwoord het ‘n impak;
positief of negatief – jou antwoord breek af of bou op. En as die “magic” verby is begin die
werk. Die dissipline om te reageer soos
in die begin. Die liefde om aan te hou
gee wanneer die fonk nie meer so sterk is nie, en so ‘n nuwe fonk skep. Die insig om te verstaan dat, alhoewel jy nie
meer in ekstase is nie, dit nie noodwendig waar is vir die ander een nie. Die wete dat daar meer vreugde in gee is, as
om te ontvang. Die waarde daarvan om te
weet dat jou gee ander tot vreugde stem, en dan nog te gee. Dat jou doel in die verhouding raak om ‘n ander
te behaag, tot vreugde te stem, behoeftes te bevredig – ongeag hoe jy voel,
ongeag wat jy wil, ongeag. Wanneer gee
en neem, een word! Dis wanneer ‘n
verhouding werk, wanneer my en jou behoeftes in ‘n groter geheel een word, en
dit ons s’n word.
Dan wag jy vir die vraag “kan ek hierdie dans kry”, en soms dans
jy sonder dat die vraag gevra hoef te word, want jy weet die behoefte is daar,
selfloos.
“Wil jy dans, my skat?” Ek dag
jy vra nooit ……
Thursday, 14 May 2015
VROT EN OMGEKOOP!?
Daar gaan byna nie ‘n dag verby wat korrupsie en omkopery
nie deel van die media of gesprekke is nie.
In sekere gevalle is ons briesend daaroor (soos vir die wat miljoene
maak deur tenderpreneurs te wees) en soms giggel ons daaroor (soos wanneer ons
vir die verkeersman ‘n paar note “glip”).
Sonder om moralisties te wees het ek ‘n besondere
geirriteerdheid wanneer mense geld wil hê vir iets wat hulle elk geval moet
doen, om my deur die grenspos te laat, my krag of telefoon gou aan te skakel, of
om ‘n afspraak by ‘n belangrike person te bekom. Daardie misbruik van mag wat jou dwing of om
te swig en die geldjie te oorhandig, of om te “suffer in silence”. Waar omkopery en korrupsie die norm in ons
samelewing word, raak dit belangrik om daaroor te besin – sodat jy kan weet wat
om te doen wanneer hierdie monster aan jou deur klop.
Die vraag is, hoe bepaal jy of omkopery reg of verkeerd
is? Ek is van mening dat jy hierdie teen
jou waarde sisteem of morele kompas moet toets.
Myne is Christenskap.
Die volgende vraag is dan; wat sê die Woord oor omkopery? Hier is ‘n paar voorbeelde:
- Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate ‘n groot som geld gegee en gesê: "Julle moet sê:... (Mat 28:12-13)
- Hy (Feliks) het die hele tyd ook gehoop Paulus sou hom omkoopgeld aanbied om los te kom. (Hand 24:26)
- Jou vorste is in opstand teen My, hulle is kop in een mus met diewe. Hulle is almal versot op korrupsie en is agter omkoopgeskenke aan. (Jes 1:23)
- Vir wie dit gee, het omkoopgeskenke towerkrag; vir hom moet dit sukses verseker waar hy ook gaan. (Spr 17:8)
- Wie hom verryk ten koste van 'n ander, maak dat sy gesin verstoot word; wie omkoopgeskenke weier, sal lewe. (Spr 15:27)
- 'n Omkoopgeskenk vernietig die goeie oordeel. (Pred 7:7(b))
- Die Here jou God, …..(neem) ook nie omkoopgeld aan nie. (Deut 10:17)
- Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat van beter moet weet, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop. (Deut 16:19)
Om korrup te leef en jou aan omkopery skuldig te maak
doen jy (1) God oneer aan - want ons is na sy beeld gemaak en Hy aanvaar nie
omkoopgeld nie, (2) dit korrupteer jou medemens, (3) jy korrupteer jouself en
ondermyn jou eie gewete – terwyl dit belangrik is dat ons met ‘n goeie gewete
sal lewe (1 Pet 3:16) en (4) jy verrot die samelewing en die omgewing verder.
Dink so daaroor – die eens magtige Romeinse Ryk met sy
uitstekende administratiewe stelsel en ‘n regsstelsel wat vandag nog gebruik
word, het deels as gevolg van korrupsie uiteindelik ondergegaan. Gaan dit by ons anders wees?
Die moeilike vraag is nou – wat staan ons te doen? Ons kan stof uit hierdie vraag uit redeneer, maar
hier is ‘n paar gedagtes:
- Lees weer die teksverse hierbo en doen vandag jou werk met die wete dat die Bybel ons leer dat God van ons verwag om eerlik te lewe en besigheid te doen.
- Paulus het eerder in die tronk gebly as om omkoopgeld te betaal.
- Ek het nie ‘n keuse nie: regtig?
Waar begin ons om hierdie verskynsel en verrottende
probleem aan te spreek – elkeen by onsself.
Moenie omkoop nie, leef eerlik, doen etiese besigheid, al is dit hoe
moeilik. Dis wat van ons verwag word.
OF pas ons ons waardes aan en val in by die
groterwordende groep wat sê “dis hoe dit is”?
Subscribe to:
Posts (Atom)

