Wednesday, 12 June 2024
Sunday, 26 May 2024
Saturday, 18 May 2024
Sunday, 12 May 2024
Tuesday, 5 December 2023
"Information Please" - "How do I spell fix?".
Then I
discovered that somewhere inside the wonderful device lived an amazing person.
Her name was "Information Please" and there was nothing she did not
know. Information Please could supply anyone's number and the correct time.
My personal
experience with the genie-in-a-bottle came one day while my mother was visiting
a neighbour. Amusing myself at the tool bench in the basement, I whacked my
finger with a hammer, the pain was terrible, but there seemed no point in
crying because there was no one home to give sympathy.
I walked
around the house sucking my throbbing finger, finally arriving at the stairway.
The telephone! Quickly, I ran for the footstool in the parlour and dragged it
to the landing. Climbing up, I unhooked the receiver in the parlour and held it
to my ear. "Information, please" I said into the mouthpiece just
above my head.
A click or
two and a small clear voice spoke into my ear.
"Information."
"Isn't
your mother home?" came the question.
"Nobody's
home but me," I blubbered.
"Are you
bleeding?" the voice asked.
"No,"
I replied. "I hit my finger with the hammer and it hurts."
"Can you
open the icebox?" she asked.
I said I
could.
"Then
chip off a little bit of ice and hold it to your finger," said the voice.
After that, I
called "Information Please" for everything. I asked her for help with
my geography, and she
told me where Philadelphia was. She helped me with my
math.
She told me
my pet chipmunk that I had caught in the park just the day before, would eat
fruit and nuts.
Then, there
was the time Petey, our pet canary, died. I called,
Information
Please," and told her the sad story. She listened, and then said things
grown-ups say to soothe a child. But I was not consoled. I asked her, "Why
is it that birds should sing so beautifully and bring joy to all families, only
to end up as a heap of feathers on the bottom of a cage?"
She must have
sensed my deep concern, for she said quietly, "James, always remember
that there are other worlds to sing in."
Somehow I
felt better.
Another day I
was on the telephone, "Information Please."
"Information,"
said in the now familiar voice. "How do I spell fix?" I asked.
All this took
place in a small town in the Pacific Northwest. When I was nine years old, we
moved across the country to Boston. I missed my friend very much.
"Information Please" belonged in that old wooden box back home and I
somehow never thought of trying the shiny new phone that sat on the table in
the hall. As I grew into my teens, the memories of those childhood
conversations never really left me.
Often, in
moments of doubt and perplexity I would recall the serene sense of security I
had then. I appreciated now how patient, understanding, and kind she was to
have spent her time on a little boy.
A few years
later, on my way west to college, my plane put down in Seattle. I had about a
half-hour or so between planes. I spent 15 minutes or so on the phone with my
sister, who lived there now. Then without thinking what I was doing, I dialed
my hometown operator and said, "Information Please."
Miraculously,
I heard the small, clear voice I knew so well.
I hadn't planned this, but I heard myself saying, "Could you please tell me how to spell fix?"
There was a
long pause. Then came the soft-spoken answer, "I guess your finger must
have healed by now."
I laughed,
"So it's really you," I said. "I wonder if you have
any idea how much you meant to me during that time?"
''I wonder," she said, ''if you know how much your call meant to me.
I never had any children and I used to look forward to your calls."
I told her
how often I had thought of her over the years, and I asked if I could call her
again when I came back to visit my sister.
Three months
later I was back in Seattle. A different
voice answered, "Information." I asked for Sally.
"Are
you a friend?" she said.
"Yes,
a very old friend," I answered.
"I'm
sorry to have to tell you this," she said. "Sally had been
working part-time the last few years because she was sick. She died five weeks
ago."
Before I
could hang up, she said, "Wait a minute, did you say your name was
James?"
"Yes."
I answered.
"Well,
Sally left a message for you. She wrote it down in case you called.
Let me read
it to you."
The note
said, "Tell him there are other worlds to sing in.
I thanked her
and hung up. I knew what Sally meant.
Never
underestimate the impression you may make on others.
Whose life
have you touched today?
(Not my story, but important enough to share!)
Sunday, 26 November 2023
Blumfelde en die Kerssangdiens
Verlede –
Blumfelde. Namibia. 1970’s. Kerssangdienste was iets anders – veral as jy terugkyk.Ons het daar naby geboer, met Karakul skape,
en bokke. My pa het in die koor gesing,
iets wat hy kon doen. Musiekmaak was hy
goed mee.
Desember in die Kalahari is nie ‘n grap nie,
veral nie in die sinkgebou op Blumfelde waar die Kerssangdiens elke jaar gehou
was nie. Die sinkgebou waarvan die hele
kante op en oopgeslaan het – om lug deur te laat. Asof dit sou gehelp het.
Almal was daar, netjies aangetrek – ek vermoed
die mans het pakke aangehad, en ek kan nie onthou of die tannies hoede gedra
het nie. Al wat ek kan onthou is dat ons
moes stil sit, en dat dit warm was. Dat
niemand omgeval het van hitte-uitputting nie, gaan my verstand te bowe. Op almal se voorkoppe kon jy sweetdruppels
sien, wat blink paadjies maak het teen die slape en agter in die nek af, net om
tussen die kraag en die nek te verdwyn. Warm. Taai. Maar jy het nie geroer nie.
Dan was daar tafels met vliegnette op. Wittes, netjies omgeborduur – om die
vlieë weg te hou. Onder die nette was
daar drinkgoed en eetgoed, flesse met koffie en hertzoggies en broodjies. Dit is heel moontlik waar ek met
Marmite en fyn biltong deurmekaar geraak het – op ‘n broodjie met botter wat
geblink het van die son.
Iewers daar naby was daar altyd Poue wat “help”
geroep het - terwyl almal gesing, gebid, sweet afgevee en gesels het - gesels oor
die weer en weiding en familie. Die
bakkies het vuurplakke opgehad, en water – net vir ingeval. Dit was warm en die veld droog, en amper
Kersfees. En net sodra dit draaglik
begin raak het, is die saal se sink kante laat sak, geslot, en dan is almal in
die bakkies, huis toe.
Hede –
Ek wonder of die saal op Blumfelde nog
bestaan? Dalk het dit ‘n stoor geword,
vervang deur ‘n baksteengebou, met ‘n groot lugversorger – want ”niemand kan
dit in hierdie hitte hou nie”. Opgerig
met skenkings van die boere.
Ek wonder of daar nog bakkies onder die bome staan, Hilux’e en Cruisers dalk, met ‘n Isuzu hier en daar – en dalk ‘n Land Rover, net om my gelukkig te hou. Die nuwe gebou het dalk nou ‘n kombuis met ‘n yskas, sodat botterbroodjies nie meer blink nie. Ek dink nie die put toilette sal nog diens doen nie – en is daar nog Poue wat “help” skree?
Vandag –
Gistermiddag was hier ‘n vrou wat stikwerk verkoop – plekmatjies en strykplankoortreksels, netjies gewerk en plat gestryk. Hoeveel daarvan kan jy koop. Vanoggend is hier ‘n man met besems by die hek – ek gaar al op. Drie dae terug was Johannes hier – hy maak bymekaar vir ‘n kinderhuis, iewers. By elke kruising staan iemand met ‘n bordjie – “God Bless”. Die petroljoggies begin al glimlag as ek by die vulstasie inry – hulle weet Kersfees beteken worsbroodjies, ‘n tradisie wat ons lank gelede begin het.
Ek wonder of kinders nog gewone trapfietse
kry vir Kersfees, of moet dit nou ‘n “full suspension” hê? Of dalk met ‘n battery – om te help met die
trap? Ek weet nie.
Black Friday is nog aan die gang, en dis nou ‘n week lank. Almal soek goeters en dinge.
Almal pleit Kersfees. En hou sang dienste. Ons kerk is nie meer vol nie.
Dalk moet ons net vra vir vrede en reën – dis eintlik al wat ons nodig het. En Liefde! Vir ons en ons naaste – baie daarvan. En werk, ja, en werk ook.
Dan sal “skenk ons ‘n helder somer Kersfees” dalk sin maak – selfs in Blumfelde se sinkgebou.
Of hoe?
MooiLoop!
Saturday, 16 April 2022
Die Reis Herberg
Meeste van ons het al gereis. Iewers heen, vir plesier of plig.
Vir
sommige van ons is die reis moeilik en uitputted - ons moet anderkant kom sodat
ons kan rus. Vir sommige is die tyd
gespandeer op die roete 'n verkwikking, 'n leermeester, 'n versterking, 'n
stille verwysig van 'n skepping waarvan ons eintlik niks verstaan nie. Reis leer jou van ander plekke, ander mense
en hulle dinge, hulle swaarkry en geluk, hulle drome en verwagtinge, ander
paaie met nuwe gesigte, ander stories, ander huise se reuke en spoke.
Om
te reis toets jou voorbereiding, jou
vaardighede, jou humorsin, jou verhoudinge - iewers kry almal 'n pap band, wonder jy of
jy op die regte pad is, lag iemand vir jou en jy vir hulle, frustreer jou
reisgenoot jou. Orals.
As die dag verdaag moet jy rus. Daarvoor sleep
sommige van ons 'n kaserne saam - 'n gehuggie op wiele, met mure en 'n dak van
seil of iets meer solied. Ander wil
tussen vier mure slaap, in 'n herberg of iets - want moeder het moeg geword het
vir die gehuggie op wiele.
Herberge in die vreemde is
misleidend - advertensies lieg soms. Groen grasperke was afgeneem voor die droogte. Wit linne en gepofte kussings het hulle reinheid verloor. Die swembad
het sy sprankel verloor. Tog is daar die juweel herberge wat min mense van
weet, wat wegkruip op die laaste bladsy van die soektog, of totdat 'n
medereisiger jou daarvan vertel.
En
dan, nadat ons die betaling gedoen en ons moeë lywe ingeteken, al die tasse
ingedra en die ryperd veilig op stal gesit is - dan duik die eerste kinkel op; hierdie herberg is nie soos ons ons voorgestel het nie. Die moeilikheid is dat herberge se ware
kleure eers na vore kom nadat jy ingetrek het, wanneer jy vir die sleutel teken,
wanneer die personeel se skof verby en hulle huistoe is. Wanneer jy en jou
reismaat al is wat oor is. Dis wanneer
'n herberg hemel of nagmerrie word.
Ongeag
wat almal sê en die deeglikheid van jou voorbereiding - kort voor lank dop die
verf af, lek die dak, drup 'n kraan, raak die swembad groen, tel die paving op,
is daar onkruid op die grasperk, kraak die bed, raak die wasgoed vuil, en is
jou reisgenoot dik vir jou en jy vir hom/haar - en dis wanneer die herberg sy
gekoesterde gevoel verloor, wanneer jy agterkom dat die boksies wat jy afgemerk
het, 'n klug was.
Dis
nie hoe ek gedink het dit gaan wees nie.
Dis
nie waarvoor ek "op-gesign" het nie.
Dis
wanneer keuses gemaak moet word - herstel of verkoop.
Ons
lewensreis is baie dieselfde - as kinders het ons nie baie te sê oor die reis,
die bestemming of die herberg nie. Gou-gou raak ons egter verantwoordelik vir
ons eie avonture, eie heil, eie roetes, eie bestemmings, ons eie keuse
van herberg.
Jou lewensmaat is jou herberg -
self uitgekies met 'n belofte dat dit vir ewig sal wees. Tot die dood ons skei.
Langtermyn. Dit maak ons beide herbergier en inwoner. Ons sal herberge wees vir
mekaar, apart maar saam, waar ons mekaar sal koester en toelaat om te groei.
Vir altyd.
En
tog, soms, is ons keuses nie so vars nie en na afloop van tyd begin die eens
perfekte herberg sy krake wys. Soos die euforie vervaag sien ons die werklike
prentjie - soms is dit nog steeds die moeite werd en soms, soms word
verwagtinge nie ge-eer nie. Soms raak
instandhouding meer 'n herbou. Die prys
moet bereken word - tyd vir keuses.
Op 'n gewone reis is dit
maklik om van herberg te verwissel, of om net vir die aand vas te byt - op jou
lewensreis is dit ietwat moeiliker. Geen
herberg is volmaak nie, al voel dit in die begin so - daar is altyd iets wat
skort, wat nie aan die aanvanklike verwagtinge voldoen nie. Dis daardie deel wat jou oë laat dwaal, wat
jou laat sug - hoekom sal jy wat jy het by 'n ander herberg gaan soek? Dink mooi, waag jy wat jy het
vir dit wat jy dink jy dalk gaan kry?
Gly jy of investeer jy? Beide kos jou iets –
tyd, energie, geld, lewenskwaliteit, satisfaksie, verwyte, hartseer, moeite
.... Om te bly het twee keuses - om vas te byt en aan te gaan, of om skouer aan
die wiel te sit en die herberg te herstel na sy verwagte glorie.
Jou herberg is jou verantwoordelikheid, niemand kan namens jou jou herberg instand hou en verbeter nie. Jou herberg was jou keuse. En hoe ouer die herberg, hoe meer (gereeld) is instandhouding nodig. Hoe beter jou instandhouding is, hoe minder is die kans vir groot skade.
En selfs met goeie instandhouding, kom daar soms skade.
Maar dis jou herberg - jou reis, jou keuse!







