Wednesday 24 February 2021

'n Vriend word Begrawe


Vandag is 'n vriend begrawe. Johann met 2 n'e. 68 Jaar oud. Gesond. Onverwags. Daar was nog baie planne.

Om die diens by te woon moet jou naam op 'n lys wees, nie meer as 50 nie. Met afstand tussen die wat saam swaarkry. Gryskoppe sit almal in 'n ry.

Ek sien 'n man wat onbedaarlik huil. Cecilia is sterk en die dogter se oë blink - "Dis so onwerklik" sê sy. Die dominee preek uit Genesis 5 .... 'n man wat naby aan God geleef vir 300 jaar, en toe is hy nie meer daar nie. Johann het ook so geleef. En hy is ook nou nie meer met ons nie.  Huldeblyk word gedoen en dankie word gesê. 'n Seder het geval.


Ek dink aan die tyd toe my pa oorlede is. Die diens is verby, ons groet en beloftes word gemaak. "Sterkte" klink skielik baie hol.  Die tyd stap aan en die lewe se moeilikheid roep.

In die kar maal die diens deur my kop, en skielik wonder ek - "as dit my beurt is, watter foto gaan op my brief gesit word."

MooiLoop Johann, sien jou weer iewers in die toekoms.


1 comment:

  1. Duisend dankies Johan ja hy was so opgwonde oor hierdie jaar. My die heel tyd verseker dit gaan julle 2 se jaar wees van baie besig wees. Maar GOD het ander planne vir Johann gehad, planne wat ons nie verstaan nie. Ek gaan verseker jou aanbod aanvaaar as ek sawwr trek gaan ek op jou en Belinda se knoppie druk. Nogmaals dankie jy het so Baie vir Johann beteken.

    ReplyDelete