Het gaan fliek vanaand. 1917. Uitstekende fliek, gaan kyk gerus.
Wat my opgeval het is dat jy R35 betaal vir 'n klein houer springmielies. Pop corn. R35. Diefstal.
Maar dis niks. Dan is daar met elke kaartjie 'n versoek om R2.50 te skenk vir een of ander goedbedoelde saak. My geld. Net R2.50 bo-op 'n kaartjie, en dan moet ek nog R35 betaal vir 'n d#$%&se boks springmielies.
Hoekom krap dit my om? Jy sien, SK vra my 'n normale prys vir die kaartjie, vra diefstal pryse vir versnapperinge, sit nog by vir 'n goeie saak - dan gee hulle die fondse bymekaargemaak aan ander, geen koste tot hulle nie.
Wat van SK gee R2.50 vir elke R2.50 wat die fliekgangers gee? Maar ek weet nie of hulle dit sal doen nie.
Dis mos regverdig - gee jou eie geld vir liefdadigheid, nie ander s'n nie. Of hoe?
En dan, met die eerste en enigste pit wat ek byt, is daar 'n dop tussen my tande!
No comments:
Post a Comment