Praat
gisteraand met 'n dame. Sy is in trane
oor die werksomgewing - dis sleg, moeilik, toksies.
Sy
dreig om haar goed te vat en te loop.
Sy is
hartseer omdat sy haar bes probeer en ander maak haar af. Dit
frustreer haar want die prosesse wat daar is om haar te beskerm - maak dit
moeiliker vir haar; dit los nie die probleem op nie.
Die
HR bestuurder praat haar klagtes weg - hy wil nie hoor nie. Die
baas sê hy kan niks doen nie, want hy sien niks nie - die skuldiges is vriendelik
voor hom en vieslik agter.
Ek
gee vir haar slegte nuus- dit gaan nie help om 'n ander werk te soek nie, want
die bullebakkery gaan daar ook gebeur. Sy
verpersoonlik die profiel van iemand wat deur bullebakke (of kooiebakke)
geteiken word. Vriendelik, pleaser,
helper, instaner, onseker, sensitief en meer.
Sy
is deel van die probleem, want sy laat toe dat mense haar verniel - geen grense
nie, jammer dat sy iets gedoen het, wil graag hê almal moet van haar hou.
Gedeeltelik
is die oplossing haar eie uitdaging - doen jou werk, moenie ander se
verantwoordelikhede neem nie, stel grense oor taal, gedrag, optrede en houding
teenoor jou. Maak duidelik wat jou pla
en moenie in 'n hoekie gaan sit en huil nie - dit help nie. Begin klein en pen jou gebied duidelik af soos
jy aangaan. Dit gaan nie maklik wees
nie, maar niemand gaan dit namens jou doen nie. Jy is verantwoordelik vir jouself.
En
as dit nie werk nie - werk aan 'n exit-strategy, doelbewus, bepland, en gaan. Skud hulle stof van jou voete af. Geen plek of mens het die reg om jou siel te
vernietig nie. Dit gaan ten koste van
iets wees, maar dalk wen jy meer as wat jy verloor.
Jou
besluit.
Gaan
luister gerus na die potgooi (of podcast) oor Toksiese Werksomgewings op RSG http://www.rsg.co.za/images/upload/sound/klanke/20200213_PRAAT_SAAM.mp3