HERE - ek probeer desperaat om aan wal te kom!
Om in U teenwoordigheid te sit.
Ek spartel soos 'n desperate drenkeling - wanhopig, om teen die rotse op te kom.
Om met die ritme van die golwe saam te werk - en soos 'n pikkewyn saam met 'n golf tot op land te spring! Sierlik.
Om veiligheid te bereik - U teenwoordigheid.
Maar telkens word ek deur die strome teruggetrek in die malende see - spartelend, skellend, elke keer meer stukkend!
Hoe lank nog, HERE - skree ek teen die rotse uit.
Hoor tog my gebed Here, kners ek. Luister, tog.
Gaan U toelaat dat die see my flenters slaan - fyn maal teen die rotse?
Die rotse van hierdie lewe.
Hoe lank nog?
My genade is vir jou genoeg!
Watter genade gil ek, as ek weer my greep verloor.
Watter genade?
Hoe lank nog?
En tog, sodra die oomblikke van blinde waansin versaak - raak ek, sukkelende bidder, stukkende mens - bewus van U teenwoordigheid.
U was en is teenwoordig teen die rotse en in die golwe - en ook in die oomblikke van kalmte.
Maar, my hart bly vra; waarheen Here? Hoe lank nog?
Soos ek verstaan: Jy is in n klasieke geloofs toets… Jou hartsverlange word nie bevestig nie… nou moet jy maar hoop... weet nie, miskien sien jy aldrie raak…. WAG!!!... kom ek begin by die begin...… DITTO
ReplyDelete