Sis, ag nee sis man – kom my vrou se stem
uit die kombuis.
Gewoonlik betekene dit iets moet opgeruim
word … wat is dit vra ek versigtig.
Iemand het iets oor koringkrieke op
facebook gepost, vieslik. My vrou hou
nie van die gediertes nie.
Kommentaar kom, iemand moet iets oor
koringkrieke skryf, seg iemand.
So hier is dit. Die wat ondervinding het sal verstaan!
‘n Ode aan die Koringkriek
Dis nag
Buite is ‘n misterieuse mag
Gepantser, skerp, wagtend – grieselrig
Verspieders hang aan grashalms
Antennas uitgestrek, oë wydoopgerek –
gefokus
Wagters sit op hekke, op hulle poste,
wakend
In massa wag hulle orals
In en op enige beskikbare plek
Reg vir die belofte van aksie
Paaie om oor te steek
In lokvalle, agter pale, onder take
Wagtend, vir ‘n onbedagsame hand
Dis dagbreek -
Borsharnas aan, vastrapskoene – vlymskerp
Rugpantser – vasgetrek
AKSIE, wys jouself
Gillend slaan die vyand op vlug
Pasop, teenaanval – die vyand gebruik stoke
en klippe, chemise wapens, monster voertuie
Ongeag, ons mars aan, onstopbaar, in massa
Ruim op – vreet die wat geval het op, los
niemand agter nie
Dit word nag – hergroepeer
More doen ons dit weer
Gillend sal hulle op die vlug slaan
Ons laat nie met ons mors
Oppad, na die beloofde (Koringkriek) land.
No comments:
Post a Comment