Wednesday, 18 March 2015

Die onderdrukkers weet ......

Het hierdie stelling noudiedag in 'n film gehoor, 'n film oor onderdrukkers en 'n man wat in daardie gemors as 'n gemartelde vasgevang is.
Hy het gese - "in hulle harte weet hulle hulle gaan verloor".  Later ook - "they can take our bodies but not our minds".
My vraag is: "hoekom leer die mensdom nie?"  
Die hele geskiedenis is 'n storie van mensegroepe wat onderdruk word, wat veg om bevry te word, net om te vergeet waar hulle vandaan kom - en dan in hulle oomblik van glorie en oorwinning die volgende onderdrukkers te word.
En so word die storielyn herhaal.
Die onderdruktes wat veg om hulle kinders in 'n vry wereld te laat grootword, word die onderdrukkers en skep so die volgende bevrydingsbeweging of "isme" waarin hulle kinders en kleinkinders die teikens gaan wees.
Daar is dus 'n nuwe konstante - die lesse van die geskiedenis sal geignoreer word tot nadeel van die volgende geslag(te).
Het jy al vantevore geweet jy is verkeerd, maar jy ignoreer daardie wete en gaan voort?  Jip, ons was al almal daar.
The hunger for power is the ultimate greed. Seg ek!

1 comment:

  1. Jip.... In die begin het die slang vir Eva gese..." ...jy sal soos God wees...." en dit het die trick gedoen....

    ReplyDelete