Roy Ayers said that the true beauty of music lies therein that it connects people.
Om met mense te "connect" gaan tot briljante en minder briljante oomblike lei, maar om nie met die lewe te "connect" nie, sal 'n fout wees.
Foute is slegs algeheel sleg indien jy nie daaruit kan leer nie.
Daarom is musiek nodig, sodat jy in die reën kan dans! Erken hulle, herken hulle, en leer van hulle.

Komplimente en fotos vertel jou iets van jouself.
Moet dit nie weerstaan nie - dis voedsel vir die siel, as dit nie alreeds is nie, dan beslis later.
Komplimenteer iemand vandag.
Komplimenteer jouself vandag en more - elke dag.
Om iemand anders te vergewe het meer waarde vir jou as vir die ander persoon.
Deur nie te laat gaan nie, word jou eie drome en hart vernietig.
In 'n tyd waar ons gedwing word om tyd tuis te spandeer en nie agter allerhande aktiwiteite aan te hardloop nie, waar ons gedwing word om in dieselfde mense se gesigte vas te kyk, dieselfde plek, waar tyd ewe skielik jou vyand kan raak - kan ons kies om te verstaan wat die verskil tussen jou behoeftes en begeertes is, en hoe dit jou lewe vorentoe kan verander.
Gebruik die tyd vrugbaar.
Wanneer jy praat herhaal jy dit wat jy reeds weet.
Om te leer moet jy stil bly en luister.
Stilte is skrikwekkend - dit stroop jou van alle verdedigingmeganismes.
Stilte lei jou na rou eerlikheid - naaktheid voor jouself en God.
En ons hou nie daarvan nie.
Daarom kruip ons weg agter besig wees en geraas - om nie innerlike self of die stem van God te hoor nie.
Leer om stil te raak ....
Soms is dit makliker in die begin - soms raak dit makliker na die einde toe.
Die beginsel is dat ons die pad moet stap, of ons daarvan hou of nie.
Die vraag is - terwyl jy voortbeur, kyk jy na jou voete of kyk jy na die lig?
Laat die reis begin.
Kry jou Joernaal of Dagboek of Nota Boek!
Kry 'n plek om rustig te wees!
Skryf!