Koerante en TV nuus is “depressing”.
Die probleem is dat as jy nie
koerant lees nie, is jy oningelig.
Indien jy wel koerante lees, is jy verkeerd ingelig (of misinformed).
Ek begin survival programme kyk sodat ek kan leer hoe om in die sneeu te
oorleef, of weet wat om te doen as ek by ‘n vulkaan beland, of om te oorleef as een-of-ander
duistere rede op ‘n klein boodjie op die oseaan dobber, of hoe om nie by ‘n
uitstalling of straatmark geskiet te word nie.
Absurd.
My grootste uitdaging is om nie,
soos ons vrinne van oorkant die oseaan wat houtskoene dra sou sê, ‘n
gemoedsbekakking te kry nie! Dis asof
daar ‘n swart stroom media is wat jou wil insluk en vertel hoe sleg dit gaan en
hoe gevaarlik dit is en net wys wat hulle wil hê jy moet sien. Genade.
Dan is daar die stortkop brigade (maw politici). Van gewone stortkoppe tot goue
stortkoppe. En hulle vertel graag vir
ons hoe hulle dinge gaan regruk. Sien,
niemand doen niks verniet nie, veral nie ‘n beroepspolitikus nie. Jy sien, dis juis hierdie sogenaamde leiers
wat ons in hierdie gemors ingekry het – wat gaan hulle nou anders doen. Daar is wel ‘n paar wat probeer.
Die oplossing is dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir onsself en
ons heil. Dis egter moeilik, want dan is
daar niemand om te blameer nie. Indien
ons doen wat gedoen moet word SAL dinge uitwerk. Punt.
Wat ons moet doen is egter maklik om oor te praat en moeilik om te
doen.
Wat dink ek is die
oplossing? Die oplossing lê by die verandering van ons harte!
Hou om Vadersnaam op kla,
Staan vroeg
op,
Werk hard,
Wees tevrede
met wat jy het – daar is ‘n verskil tussen “wants and needs”,
Wees geduldig –
Rome is regtig nie in een dag gebou nie,
Werk mooi met
jou geld – as kontant koning is, is kontantvloei die koningin (maw die baas)
“Be nice” met
almal, insluitende jouself,
Smile, maak
net seker jou gesig weet dit,
Al gaan dit
hoe moeilik, tel jou “blessings”, daar is baie,
Groet mense
wat by jou verby loop, al dink hulle jy is gek – dalk is jy die sonstraal wat
hulle nodig het,
Gee jou man of
vrou ‘n soen. Druk hom of haar so ‘n klein bietjie langer, totdat jy voel dit
kom van binne af,
Kyk jou seun
in sy oë en erken hom as ‘n man – en gee hom ‘n druk,
Sit by jou
dogter en luister na haar – sien die vrou wat sy word. Hou haar vas; dis jou
kind.
Let op die eerste
woorde wat jy sê wanneer jy mense sien – en die laaste woorde voordat jy
wegstap / of wanneer jy jou kop op die kussing neerlê. Wat is jou boodskap? Dink jy mense sal uitsien om weer met jou te
gesels?
Aanvaar dat
ander nie soos jy is nie; omarm die verskille – dalk maak dit jou ‘n beter
mens!?
Vergewe
jouself en ander – dis makliker as om met al daai laste en wroegings rond te
loop.
Ek, jy, ons, die gesin, die stad,
die provinsie, ons land en die wêreld is nie afhanklik van leiers en politiek
nie. Alles begin
by jou en my – ons maak die verskil.
Ongelukkig is daar net een van
twee keuses – (1) maak ‘n verskil of (2) vrot in jou donker gat. Daar is niks tussenin nie – jou keuse! Daar is baie van ons wat ‘n verskil wil maak.