Dit gaan baie beter met my, veral omdat ek nie meer rugby
kyk nie. Dit herinner my te veel aan
swak besluitneming.
Die interresante aspek van besluitneming is dat daar
gewoonlik twee “gevolge” is.
Die eerste gevolg is die direkte gevolg – korttermyn –
wanneer die besluit uitgevoer word en die onmiddelike probleem (simptoom) aangespreek
word.
Die moeilikheid lê by nommer 2 – wanneer die werklike gevolg
van die besluit oor tyd duidelik word (of die sistemiese gevolg). Dis waar jy weet of dit die regte besluit
was.
Voorbeeld – vat maar die regering se transformasie
dryf. Die gevolge van regstellende aksie
en BBBEE en al daardie interresanthede raak nou na 20+ jaar eers regtig sigbaar
– in ‘n flenters ekonomie en ‘n vermorselde Sprinbokspan.
“Resepte” is daar vir ‘n rede –
- As jy besluit om minder sout in jou kos te gooi, gaan dit ‘n effek op smaak hê. Vir ‘n huisgesin is dit OK, want moeksie rule. Vir ‘n restaurant kan dit jou besigheid kos.
- In projekbestuur is daar die faktore van koste, kwaliteit en tyd. Enige besluit oor die een het ‘n impak op die ander – nou en later. Korttermyn suksesse kan lei tot langtermyn pyn.
- Vir sport is dit (in my oë) ook eenvoudig – beste spelers, beste afrigting, beste administrasie en beste uitrusting = ‘n goeie kans op sukses. As jy karring met die resep moet jy nie verwag om te wen nie.
Elke besluit het ‘n kort- en langtermyn gevolg.
Dink mooi!