Daar is heeltemal te veel mense wat hulself as minderwaardig sien - so, hier is my siening van minderwaardigheid ........
Hierdie is die oggend van vrae ….
Rate jouself gou oor
hoe jy oor jouself voel vandag – jouself, jou gesin, jou familie, jou
finansies, jou werk, jou geloof?
Dink gou ‘n paar
oomblikke oor hoe suksesvol jy is?
Onthou die punte en dan vra jy jouself watter boublokke het jy gebruik
om jou sukses te meet; ‘n motor, werk, huis, geld in die bank, vakansies,
status?
Hoe voel jy wanneer jy
in ‘n geselskap is? Hoe voel jy wanneer jou familie in die omtrek is? Hoe voel jy wanneer jy in ‘n winkelsentrum
rondstap? Hoe voel jy wanneer jy vir ‘n werk aansoek doen of vir ‘n onderhoud
gaan?
Is jy fyngevoelig?
As jy kon verander,
wie sou jy wou wees? Hoekom, wat het of
is daardie persoon wat jy nie het of is nie?
Jou antwoorde op bogenoemde vrae sal
vir jou ‘n baie goeie aanduiding gee oor jou dunk van jouself; sien jy jouself
as suksesvol of nie of sien jy jouself as waardig of nie.
Sien, baie van ons probleme lê
gewortel in die volgende dinge:
- Hoe ons bepaal of ons suksesvol is of nie.
- Of ons fondasie in die lewe reg is of nie?
Ek het slegte nuus vir julle;
niemand van ons is suksesvol as ons definisie van sukses gewortel lê in
wêreldse terme nie. Kyk maar om jou
rond; die manne en meisies met geld, hulle het hulle eie problem, want hulle
maak nie meer op God staat nie, hulle is self sterk genoeg. Saam met aardse sukses kom baie uitdagings,
“greed” is ‘n vernietigende dryfveer.
Daar word nie verniet
gesê dat ‘n man se grootste toets is waanneer hy alles het nie; en ‘n vrou se
grootste toets is wanneer haar man alles verloor het nie.
Storietyd.
‘n Kraak word ontdek op die 42ste verdieping van ‘n 50 verdieping
gebou. Die eienaar word ontbied en die
ontbied onmiddelik die ingeneurs en die bouinspekteurs, ens. Hy is briesend en wil onmiddelik ‘n antwoord
op die problem hê. Ongeduldig wag hy op
die 42ste vloer. Uiteindelik gaan soek
hulle die ingeneur en vind hom in die kelder van die gebou. Die eienaar is moeilik en sê dat die probleem
op die 42ste vloer is, waarop die ingeneur antwoord dat as daar ‘n bars hoer op
in die gebou is, dan is dit omdat die fondasie verkeerd is. Om die gebou te red moet die fondasie herstel
word.
Moeilikheid.
Reg, almal van ons het moeilikheid, sommige net meer as ander, en van baie
weet ons nie eers nie. Daar is mos die
gesegde wat lui ”dat hoë bome val harder”.
Die Bybel erken dat dat ons moeilikheid het, sien
2 Kor 1:3-4. Aan God, die Vader van ons Here Jesus
Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandighede uitkoms gee. In elke moeilikheid help Hy ons.
My vraag is nou: “indien jou gebou
krake het, hoe goed is jou fondasie”. Voel
julle ook of julle in ‘n hopelose situasie verkeer – soos Paulus gvoel het?
Vanoggend wil ek help om julle (en
myne) fondasie te herstel, sodat ons almal kan excel in Jesus. Wie is ons in Jesus:
- Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis.
- Gen 1:31 ….Hy het na die mens gekyk en gesê dit is goed.
- Ps 8:4 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
- Ps 8:5 U het hom weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.
- Jer 29:11 Want Ek weet watter gedagtes ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
- Joh 1:29 (Johannes sê) ….Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.
- Joh 16:33 ….In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Wat staan jou te doen? “Where
your attention goes, your energy flows”.
Kies
waarop jy fokus. Herprogrammeer jouself
oor wie en wat jy in Jesus is.
- Weet dat jy deur God geskep is en dat Hy jou liefhet.
- Deur Jesus is jy vrygespreek en is jy soos HY. EK is reg met God deur Jesus.
- Aanvaar dat jy foute het, maar niemand is ‘n mislukking omdat hy foute het nie.
- Aanvaar dat jy graag mense wil gelukkig maak en dat hulle van jou moet hou – maar jou selfbeeld en waarde is nie afhanklik van wat hulle van jou dink nie.
- Verstaan dat alhoewel mense jou kan verwerp, God jou nooit sal verwerp nie – jy is Sy kind.
- Weet dat ongeag hoe baie jy val of misluk, God jou nooit sal verwerp nie.
- Besluit om van jouself te hou (liefhê) – jy hoef nie te hou van alles wat jy doen nie, maar jy gaan nie jouself verwerp nie.
- Verstaan dat daar in Jesus oorwinning is – Hy is ons fondasie.
- Glo dat jy tot enigiets instaat is deur Jesus.
Verstaan
dat baie suksesverhale is gebore uit een of ander terugslag, ongeluk, krisis of
swaarkry.
- Charles Kettering het ‘n motor se “starter” ontwerp toe die “crank handle” sy arm gebreek het.
- Jacob Schick was ‘n goudprospekteurder, wat die elektriese skeermes ontwerp het omdat dit te koud geword het om te skeer.
- Eugene O’Neill het begin “plays” skryf toe hy in ‘n hospitaalbed gelê het.
·
Luister
mooi na God se stem, dalk is Hy besig om met jou te praat.
·
Onthou
dat jy eerste die geveg in jou kop verloor, voordat jy dit fisies verloor.
Is jy dus minderwaardig – te swak om
voor mens of God te staan? Kan nie wees
nie – jy is soos God, Jesus het vir jou sondes gesterf, jy is ‘n kind van God
en daarom is jy soos Jesus se broer/suster.
Hoe hoog wil jy wees?
Ek daag jou uit. Gaan uit en wees anders; stap in Jesus se
spore, volg sy voorbeeld en verbaas jouself.
Jy is suksesvol en waardig as jou
fondasie God se liefde en Jesus se voorbeeld is!